8 Junie 2014 Patensie
Efesiers 2:1-10
Die Fees van die
genooides!
Ons vier vanoggend die teen woordigheid van die Here! Ons is
saam om te hoor, te sien, te voel te proe hoe God besig is met ons, deur die
wonderlike werking van Sy Heilige Gees. Dit herhinder my nogal baie aan daai
bekende liedjie van so ‘n hele paar jaar gelede “I feel it in my fingers, I
feel in my toes....” En dit is presies wat God wil bereik met ons saamwees
vanoggend: Dat ons ons Hom sal ervaar tot in die tinteling van ons vingerpunte!
Die Here het ons elkeen op ‘n besonderse manier geskape om
ontvanklik te wees... met ander woorde om baie dinge te kan ervaar en te beleef
en raak te sien of op te let. Dis dus in ons natuur om oplettend te wees. Dis
asof God ons ‘spons-agtig’ gemaak het om dinge wat rondom ons en met ons gebeur
op te slurp!
Daarom vertrou ek ook vanoggend die Gees van God dat ons sal
opneem en inneem wat die Here met elkeen van ons gaan laat gebeur.
Ek wil egter eers by die negatiewe stilstaan (net kortliks
darem) voordat ons by die lekker en die mooi uitkom...
Ek wonder of ek dit reg opsom as ek sou sê dat die meeste
van ons onsself baie keer instel om eerder die negatiewe dinge en die
‘donkerkant’ van die lewe op te let. Dis asof ons hierdie goed soek om raak te
sien tussen al die ander mooi dinge wat hierdie wêreld vir ons kan bied. Omdat
ons dan nou so ‘n ‘ingeboude-ontvanklikheid’ het, let ons baie keer op die
foute en tekort kominge van ander. Ons sien hoe ander mense foute maak, ons let
op hoe ver hulle van die pad af is....
Baie keer hoor mens mense half hulle asem ophou vir dinge om
verkeerd of negatief uit te werk vir ander mense, en hoor ons hoe mense nog sê
: “aaaaah daarsit, (jy klap gewoonlik jou vingers op hierdie punt) ek het mos
gesê dit gaan gebeur jaajajajaj! Hoe hartseer is dit nie dat ons onsself baie
keer net oorgee aan hierdie menslike of sondige ontvanklikheid vir die dinge
wat met ons of rondom ons gebeur nie. Ons mis juis op hierdie manier so baie,
eintlik mis ons eintlik die ‘regte/eintlike’ sin van die lewe!
In God se Alwetendheid, moes Hy dan seker geweet het dat ons
baie keer so ‘n geneigdheid in die lewe sal hê.... dat die einste
ontvanklikheid waarmee Hy ons geskape het om Hom te ervaar en raak te sien en
op te let, ons juis in die versoeking sou lei om eerder te let op die dinge wat nie van Hom af kom
nie....
Daarom het God op
veral twee maniere hierdie gevaar aangespreek deur vir ons die sakramente te
gee. God is altyd sonder end besig om jou so te prikkel met Sy liefde, sodat jy
Hom al hoe meer kan raaksien en sodat jy in Hom sal glo en nie in jouself of
iets anders nie.
Sondag 25 Vraag 65 van die Heidelbergse Kategismus vra waar
kom so ‘n geloof dan vandaan? En die antwoord is dan so mooi: “Die Heilige Gees
werk dit ins ons harte (a) deur die verkondiging van die heilige evangelie en
versterk dit deur die gebruik van die heilige sakramente (b) Ef. 2:8
Die volgende vraag is wat is hierdie twee sakramente dan?
Hierdie manier van God om ons geloof te wek, en te sien, te hoor te voel en te
proe, te “feel in my fingers, te feel in my toes”? Die antwoord daarop is heel eenvoudig: Dit is
sigbare, heilige tekens en seëls wat God ingestel het om ons deur die gebruik
daarvan die belofte van die evangelie
nog beter te laat verstaan en dit te beseël. Hierdie belofte is dat God ons vanweë
die enige offer van Christus, wat aan die kruis volbring is, vergewing van
sondes en die ewige lewe uit genade skenk (a) Genesis 17:11/ Romeine4:11 en
Jesaja 6:6,7.
Daarom vier ons hierdie twee sigbare tekens saam met mekaar.
Ons moet ‘n keuse maak vanoggend om God toe te laat om ons ingesteldheid op Hom
weer te kom versterk en te vernuwe. Ons moet saam besef dat ons ‘n keuse moet
maak teen die geneigdheid om hierdie prikkels van die Here te mis. Kom ons nooi
vanoggend opnuut die Here in ons harte in, kom ons raak soos ‘n spons wat gevul
word met die liefde van Jesus, met die Gees van die Lewende Here!
Kom ons reageer op die uitnodiging van Jesus wat sê: “Jy’s
welkom, volg My....”
Post a Comment