5Januarie 2014 Patensie
Lukas 3:1-14
Maak die paaie reguit
Kersfees was ‘n week of wat gelede.... En
naas Kersfees is nuwe jaar seker die grootste ritueel in ons samelewing. ‘n
Plek waar ons op verskeie simboliese maniere kies om ‘n nuwe deel van ons lewe aan te pak. Hierdie
tyd rondom nuwejaar
gaan nog sy kwota ongelukke van dronk bestuurders hê, wat deur een ritueel die nuwe jaar ingegaan
het, maar ook in hierdie tyd gaan ons ook nog ons
kwota nuut verloofdes hê, wat op die nuwe jaar ook ‘n nuwe fase van hulle
lewens gaan ingaan. In hierdie tyd is ons ook
bewus van die eerste kindjie wat gebore is ons vallei van die nuwe jaar....
‘n Baie bekende filosoof skryf op ‘n plek die volgende woorde: Religion is for lovers. Godsdiens is vir
mense wat iets van die liefde verstaan. Want godsdiens, in sy wese, sê dat die lewe nie net oor my gaan
nie. Godsdiens sê in sy wese dat die “ander” belangrik is. Die ander mens, ‘n medemens, soos ons
dikwels sê, maar ook die “groot ander”, soos ons een geloofsbelydenis sê: “dit wat ons God noem”. Ons
kies uiteindelik ook hier vir ‘n ritueel, ‘n manier van die nuwe jaar aanpak
hier op die eerste Sondag van die jaar, omdat die ander vir ons
belangrik is. Soos Jesus ons geleer het: “Jy moet die Here jou God liefhê, en jou naaste moet jy liefhê
soos jouself”. Hierdie spirituele deel van ons lewens wil ons ook deel van ons ritueel maak waarmee ons
die nuwe jaar binnegaan. Daarom dat ons
ook vanoggend hier bymekaar is. Omdat God vir ons
belangrik is...
Dit was die
vyftiede regeringsjaar van keiser Tiberius.
Pontius Pilatus was goewerneur van
Judea, en Herodus heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis, en
Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters.
Wanneer Lukas met hierdie woorde, hierdie lysie name van politici, ja, en selfs die hoëpriesters was
maar politici, begin, is dit nie om dowe neute
nie. Dit wek emosie op. Netso voel ons verskillend oor die dinge wat besig is om in ons wêreld te gebeur....
dink byvoorbeeld aan ons eie leiers... Maar
Lukas doen dit met ‘n doel. Sy lesers moet verstaan wat die konteks is waarbinne Johannes, en dan later
ook Jesus, kom preek het. Sy lesers moet die wêreld verstaan waarbinne gepreek is. Wanneer sy lesers
hierdie name hoor dan weet hulle net soos ons vandag, wat dit beteken. Die tyd van Hitler, die tyd van
Kennedy, die tyd van Botha, die tyd van Mandela. Die tyd van enige leier, roep by ons herinneringe op.
Dit skep ‘n konteks. Ons konteks ken ons egter.
Lukas 3, Jesaja 40 en God in die wêreld
Jesaja 40 begin met die volgende woorde:
Die uitkoms is hier!
Die uitkoms is hier!
Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê.
Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom
Sy swaarkry is verby, hy het geboet
vir sy sonde,
hy het van die Here die volle straf ontvang
vir al sy sondes.
Iemand roep:
“Maak vir die Here ‘n pad in die woestyn,
maak in die barre wêreld ‘n grootpad vir ons God!
Elke laagte moet opgevul word,
elke berg en rant moet gelykgrond word.
Elke bult moet ‘n gelykte word en elke koppie ‘n vlakte.
Dan sal die mag van die Here geopenbaar word;
al wat leef, sal dit sien.
Die Here self het dit gesê.”
Wanneer Lukas hierdie woorde aanhaal om die prediking van Johannes in te lui, en in effek daarmee die
bediening van Jesus wat oppad is, dan het dit ‘n diep boodskap van hoop. Jesaja 40 lui die tweede deel
van die boek Jesaja
in, en dit vertel oor die uitkoms wat
vir Israel kom waar hulle onderdruk is
in
ballingskap.
In effek kom sê Lukas vir sy leser: Dit wat nou kom is net so radikaal as toe God die onderdrukte klein
volkie Israel verlos het 500 jaar gelede. Lukas skryf dat die “woord van God” tot Johannes gekom het, dis
nou Johannes die doper, wie se geboorte saam met Jesus s’n beskryf is in die eerste 2 hoofstukke. En
God se boodskap wat deur Johannes gebring word is een van verlossing, net soos destyds toe Israel in
ballingskap was.
En vandag? En 2014?
Ons het baie keer hierdie prentjie van die monnik, die perfekte “spirituele” persoon, wat spiritueel word
juis omdat hy of sy hom of haarself heeltemal onttrek van die samelewing. Christen monikke, so het ons
deur die eeue geleer, kan hulleself egter nooit onttrek van die samelewing nie. Ons kom nie nader aan
God deur verder van die wêreld af
te beweeg nie. Christelike spiritualiteit, die Christelike geloofslewe,
kan op geen ander manier geleef word as binne die konteks van die dag nie. Geloof het deur die eeue
waarin die Bybel ontstaan het, en in die eeue van die kerk, elke keer grond toe gekom in ‘n spesifieke
tyd, in ‘n spesifieke konteks, waar mense gaan luister het na die stem van God in hulle tyd, vir hulle
konteks.
Die woord van God
In Lukas 3, is die Johannes die doper wat die stem van God is vir die mense van sy tyd, van sy konteks.
Wat vir hulle kom wys wat die wil van God vir hulle samelewing is. Daar staan dat die woord van God na
Johannes toe gekom het. Kan ons dit vandag herhaal? Dat God se woord gehoor word? In hierdie tyd, in
ons konteks.... Resessie, Obama, Zuma, Economic
Freedom fighters.... Is die boodskap dat ‘n pad skoon gemaak
moet word, dat God se woord gehoor is, soos 2500 jaar gelede vir Israel, en 2000 jaar gelede met
Johannes. Hoor ons God se stem vir 2014? Of het God se woord stil geword in hierdie tyd? Kom ons
maak dit prakties:
Die massas mense wat na Johannes gestroom het, wil
uiteindelik by hom weet: Maar wat sê God vir ons,
prakties, vandag. Wat beteken hierdie verlossing vir wat ek moet gaan doen more, en in die jaar wat
kom? Ons vind Johannes se antwoord in die volgende paar verse:
Lukas 3:10‐14 (lees dit weer!)
Te midde van die groot name, die groot onderdrukkings en ongeregtighede, is Johannes se boodskap dat
elkeen daar waar hy is moet begin om hierdie geregtigheid te leef. Mag hierdie
leef soos wat God jou
geroep het, deel wees van jou storie vir 2014.