POSTED BY Steven Sass on 13:10 under ,
21 Februarie 2010 Patensie
Maleagi 4:1-6
Wat van die oordeelsdag?
Hoofstuk 4 is nie net ‘n treffende afsluiting van die boek Maleagi nie, maar ook van die Ou-Testament. Dis ‘n eenheid wat nie onderbreek behoort te word nie, wat handel oor die dag van die Here.

So sluit hierdie boek, en die Ou-Testament met die oog gevestig op die komende dag van die Here. Die dag waarop hierdie bedeling tot ‘n einde sal kom en ‘n nuwe bedeling sal aanbreek.(2 ) Dit sluit af met ‘n besondere troosboodskap vir die gelowiges wat onder baie moeilike omstandighede geleef het.

Vir hulle wat selfs geworstel het met die vraag of dit enige sin het om nog die Here te dien, kom hierdie blye boodskap: die dag van die Here is op hande. Hierdie dag is nie verwag in die verre toekoms nie, maar as iets wat binnekort sou plaasvind. Sommer binnekort sal die dag van die Here aanbreek.

By talle van die profete vind ons verwagtings na die dag van die Here. Trouens, ons vind dit telkens wanneer die gelowiges in moeilike omstandighede verkeer het.

Die dag van die Here is gesien as die dag waarop die Here sal ingryp en ‘n einde maak aan die bedeling van onderdrukking en sonde. Dit sal die dag wees waarop die vyande vernietig en die gelowiges herstel sal word. Soms is die vyande gesien as die vyandelike magte wat Israel oorheers en onderdruk het, en soms was die vyande nie net buitelandse magte nie, maar het dit ook die ongelowiges uit Israel ingesluit.

Hiedie deel begin weer met ‘n stelling: “Die dag kom en hy brand soos ‘ oond” (Mal.4:1). Hierop volg nie ‘n vraag soos telkens voorheen nie. Die beeld van die vuur word voortgesit om die gevolge van die dag vir die ongelowiges aan te toon. Tot hiertoe het ons telkens gelees dat dit goed gaan met die goddeloses. Hulle het skynbaar geen teenspoed beleef nie, en alles het met hulle net voor die wind gegaan. Nou blyk dit dat die voorspoed maar van korte duur sal wees.

Die dag kom en dan sal die wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, die kaf wees waarmee die vuur sal brand. Die ongelowiges sal nie in die vuur vernietig word nie, hulle sal die vuurmaakgoed wees. Daar sal van hulle niks oorbly nie. Hulle sal heeltemal tot as verbrand word. “n Verskriklike en vernietegende einde wag op almal wat teen God in opstand is en verkeerde dinge doen.

Hierteenoor sal die dag van die Here vir die gelowiges ‘n dag van redding, genesing en vreugde wees. “Maar vir julle wat eerbied het vir My Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vertgemaakte kalwers. Julle sal die goddelose vertrap dat hulle soos stof onder julle voete word die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige” (Mal. 4:2-3).

Die dag van die Here is die dag waarop hy ingryp. Hy neem die leiding. Hy tree op. Hy doen alles. Dis Sy dag. Op hierdie dag sal die son van redding skyn. Die son wat lig en lewe bied, bied redding en uitkoms. Die donker tyd is verby. Die tyd waarin hulle geleef het, was duister, soos die nag. Nou breek die son deur en die duisternis word verdring. Daar is redding! Die uitkoms is hier. God het gekom.

Dis opvallend dat die son so gebruik word. Die Here is die Heilige en die woord heilig hou ook verband met die son wat skyn. Soos die sonstrale skyn, so skyn die heiligheid van God. Soos mens nie na die son kan kyk sonder om blind te word nie, kan mens nie na God kyk nie: Hy is te heilig. Die son sal nie net redding bring nie, maar ook genesing deur sy strale.

Die gemeenskap was stukkend geslaan. Hulle was verwond deur al die slae en swaarkry. Op die dag van die (3 )Here sal daar vir al die stukkendes genesing kom. Hy sal al die wonde heel…

Daarom is die volgende beeld eintlik so voor die handliggend. Dit volg so logies. As God gered en genees het, is dit dan nie logies dat vreugde sal volg nie? Julle sal vry word en bokspring soos vet gemaakte kalwers.

Wat ‘n pragtige beeld om die vreugde van die gelowiges uit te druk. Almal wat al ‘n klompie goed versorgde kalwers, veral na ‘n verfrissende reënbui sien bokspring het, sal weet dat dit ‘n besondere beeld van uitbundige vreugde is. Die dag van die Here sal ‘n dag van groot vreugde vir Sy kinders wees.

Dit sal so ‘n bron van vreugde wees dat hulle sommer die goddeloses vertrap tot stof. Die beeld van die bokspringende kalwers word hier voortgesit. Dis nie uit wraak dat die gelowiges die goddeloses vertrap nie, maar die vreugde is so groot dat hulle die goddelose tot stof vertrap. So word hier twee beelde gebruik om die ondergang van die goddeloses uit te beeld. Hulle is die vuurmaakhout wat verbrand en hulle beland onder die voete van die bokspringende kalwers en word vertrap. Daar is geen uitkoms of toekoms vir die goddelose nie.

(4 )Die dag van die Here kom. Vir die wat glo, is dit iets om na uit te sien!

Die boek word dan afgesluit met ‘n oproep om gereed te wees vir die komende dag van die Here en met ‘n belofte oor die dag van die Here. Die oproep is duidelik: “Onthou die wet van my dienaar Moses, die voorskrifte en bepalings wat Ek hom by Horeb gegee het vir die hele Israel”(Mal. 4:4).

Die komende dag van die Here noodsaak dit dat elkeen hom voorberei. Hoe kan ons dit anders doen as om die wet van Moses te ontou. Die woord wet, torah, beteken onderrig en word dikwels gebruik om die onderrig van ‘n ouer aan sy kind uit te druk. Die wet of torah is die onderrig van God aan Sy kinders. Hierin vertel Hy wat Hy van ons verlang. Trouens, die vorm warin die wet gegee is, onderstreep dit. By Horeb het God ‘n verbond met Sy volk gesluit en so het Israel die volk van God geword.

Die Tien Gebooie begin dan ook met die woorde: “Ek is die Here jou God wat jou uit die plek van slawerny, uit Egipte, bevry het..” Hiermee sê die Here wie Hy is en in watter verhouding Hy tot die volk staan. Dit kan in verband gebring word met die anvaarding van die koningskap van’n koning.

As die koning sy koningskap aanvaar, dan het hy vir die volk gesê wat hy vir hulle gedoen het. Daarna sê hy wat hy van hulle sal verwag. So volg die gebooie dan as dit wat ons moet doen om aan te toon dat ons die koningskap vanGod aanvaar. Of anders gestel, as ons die gebooie nie onderhou nie, dan gee ons daarmee te kenne dat ons Sy koningskap verwerp.

Die onthou van die wet is egter meer as net in herhinnering roep. Dit beteken dat ons dit moet uitleef in ons daagliske lewe.

Maleagi sluit op treffende wyse af met ‘n troosboodskap wat ook vir ons baie aktueel is. Die dag van die Here kom. Dit sal ‘n verskriklikke dag wees vir die wat nie glo nie. Vir die wat glo, sal dit ‘n groot vreugdedag wees. Wees daarom gereed vir die dag want dit kom binnekort.

Ook in ons tyd kan ons so ‘n dag verwag waarop die Here ‘n einde sal bring aan die onreg wat ons tyd kenmerk…
POSTED BY John Wait on 15:26 under ,
Ds. Steven Sass - Gamtoosvallei-oos

Maleagi 3:13-18

Is dit nutteloos om die Here te dien?

Die tyd waarin Maleagi geleef het, was ‘n moeilike tyd. Die gelowiges het uit ballingskap terruggekom na hulle vaderland toe. Die ballinge moes van voor af alles hierbou. Hulle moes nie net hulle husie en stede herbou nie, maar ook nuwe landerye aanlê, wingerde plant en van voor af begin om ‘n bestaan te maak.

Maar dinge het nie voor die wind gegaan nie. Daar was droogtes en plae soos springkaanplae. Daarby het hulle nog teenstand ondervind van ander mense wat hulle ook in die land gevestig het of daarop aanspraak wou maak. Hulle het gesukkel en swaar gekry.

As ons hieraan dink, dan sien ons nogal ‘n klompie parallelle moet ons tyd. Ons tyd is nie maklik nie. Baie kry swaaar en sukkel om kop bo water te hou. Baie het hulle werk verloor. Ander kry net nie werk nie. Die ekonomie floreer nie. Rampe tref baie.

( 1)Dit was onder hierdie omstandighede dat baie mense moedeloos geword het. Hulle was teneergedruk. Pessimisties. Depressief. Somiges het ernstige geloofsvrae begin vra. Is dit nie presies wat vandag hier by ons ook gebeur nie? Hoe baie is nie moedeloos, teneergedruk, ontnugter en skepties nie. Hoe baie worstel nie met ernsitge geloofsvrae nie. Is dit nie nutteloos om God te dien nie? Wat baat ons geloof ons tog? Wat help dit om kerk toe te kom en die Here te aanbid? Kyk hoe lyk die lewe en hoe gaan dit.

Hierdie gedeelte spreek hierdie vrae aan. Weereens begin dit met ‘n stelling van die Here: “ Julle het vermetelde dinge oor My kwyt geraak, sê die Here(Mal.3:13). Hierop kom die vraag: “Wat is hierdie vermetelde dinge wat ons gesê het?”

Dit word in vers 14-15 verwoord: “Julle het gesê: Dit is nutteloos om God te dien. Watter nut het ons dat ons Sy bevel uitgevoer het en in rouklere rongeloop het voor Hom, die Here die Almagtige? Dit lyk of die wat teen Hom in opstand is die gelukkiges is, en of die wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom skotvry daarvan af!” Inderdaad klink dit nogals kras. Dit is harde woorde. Geen wonder God verwys daarna as vermetelde dinge wat hulle gesê het nie. Maar is dit nie hoe ons pratykeer ook voel nie. Miskien het ons dit nog net nie hardop uitgespreek nie, maar ons het dit al almal seker gedink.

(2 )Watter nut het dit, watter voordeel of wins is daarin vir ons om die Here te bly dien? Het die godsdiens nie sy sin verloor nie? Wat help dit om kerk toe te gaan en die Here te aanbid as dit so sleg gaan? Wat help dit om jou Bybel te lees en te bid as alles skeef loop? Wat help dit om na die beste van jou vermoë getrou volgens die Woorde van God te leef as dinge net nie reg wil uitwerk nie?

Om dit erger te maak…Wat help dit om die Here te dien as dit voorspoedig gaan met die wat Hom nie dien nie? Hoekom gaan dit voor die wind met die wat niks van God en Sy gebod wil weet nie? (4 )Hoekom gebeur goeie dinge met slegte mense en slegte dinge met goeie mense? Hoekom is daar soveel onreg in die wêreld? Hoekom lyk die lewe soos dit lyk Hoekom het die Christendom na byna 2000jaar nog nie ‘n impak op die lewe nie? Moet ons nie maar afsluit en huis toe gaan en vergeet van kerk toe kom en die Here dien en volgens Sy Woord leef nie?

Hierdie soort vrae, wat gelowige mense vra, gaan nie by God verby nie. Ja, onshet reg gehoor. Dis gelowige mense wat hierde vrae ook destyds gevra het, netsoos dit gelowige mense is wat dit vandag vra. Ongelowiges sal mos nie sulke vrae vra nie. Hulle steur hulle eenvoudig nie hieraan nie. Hulle sal eerder lag oor hierdie worsteling van gelowiges. Dis juis die vir wie die godsdiens erns is, wat sulke vrae vra. En ons mag maar…

Die Here veroordeel nie gelowiges wat hiedie vrae gevra het en vandag nog vra nie. Hy belet nie sulke vrae nie .Ons lees hier: “Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan.” (Mal. 3:16). Wat ‘n heerlike troosboodskap is dit nie. Die Here hoor. Hy luister. Dit is ook ‘n blye boodskap wat dwarsdeur die Bybel na vore kom.(5 ) God hoor. . Nie net na ons lofprysings en dangebede nie. Nie net na ons noodkrete nie. Hy hoor ook ons vrae. Ons geloofworstelinge gaan nie by Hom verby nie. Ons kan en mag en moet ook ons vertwyfelinge verwoord. Ons kan en moet met al ons vrae na Hom toe gaan.

Maar die Here hoor nie net nie, Hy slaan ag op wat hulle gedink, geredeneer en gesê het. Hy is nie ‘n passiewe luisteraar nie. Hy gee ag op wat ons sê. Dit raak Hom. Hy steur Hom aan wat ons sê. Hy is nie soos ‘n mens wat soms hoor sonder dat dit saak maak of ons raak nie. By ons gaan dit al te dikwels by die een oor in en by die ander oor uit. Ons hoor nie aldag mooi nie. Ons luister so min aktief. Genadiglik is dit nie soos God hoor nie. Hy luister aktief en slaan ag op wat ons sê.

Meer nog, die Here doen ook iets in die verband. Wat doen die Here? In ‘n gedenkboek laat Hy die name skryf van die wat eerbied het vir Hom en wat waarde heg aan Sy naam. Nou het ons al gesien dat die eer die basis is waarop enige verhouding gebou moet word Dit was die fundament van die hele sosiale struktuur van oud Israel. Dit was ook die fundament in die verhouding met die Here. Dit is wat in die begin van die boek Maleagi aangespreek word. Daar vra die Here waar Sy eer is. Nou sê Hy dat die wat Hom eer, se name opgeskryf word in die gedenkboek.(6) Die name van die gelowiges word geskryf in die boek van die lewe.

Die Here sê verder dat die wat Hom eer vir Hom ‘n kosbare besitting is. Wie Hom liefhet, behoort aan Hom. Die gelowiges is ‘n kosbare besitting vir die Here, soos ‘n verloofring vir ‘n verloofde meisie. In Sagaria het ons gelees dat die Here sê dat Sy kinders sy oogappel is, sy kosbaarste. Hoe kosbaar is die gelowiges nie in God se oë nie. So kosbaar, dat Hy Sy eie Seun geoffer het vir ons. Al is die wolke so swaar en lyk dit of alles in duie stort, kan die gelowige hieraan vashou: ons is kosbaar in die oë van die Here. Ons is Sy kosbare besitting.

Derdens sê de Here dat hy goed sal wees vir die gelowige soos ‘n pa goed is vir die seun wat vir Hom werk. God sorg vir ons. Hy is goed vir ons. Hy sien om na Sy kinders en sal hule nie in die steek laat nie. Al het ons baie vrae. Al gaan dit baie keer swaar. Al worstel ons met Hom en sê ons soms vermetele dinge, bly Hy steeds ons Vader wat omgee en beskerm en sorg. In Sy hande is ons veilig.

Die troosboodskap wat Maleagi hier vir ons bring is dat die Here ons nogsteeds liefhet en by ons is. Al vra ons na die sin van ons godsdiens. Al verstaan ons nie hoekom dinge so anders is as wat ons dit wou gehad het nie. Al kom ons amper in opstand. Die Here hoor. Hy gee ag. Hy het ons name geskryf in Sy gedenkboek. Ons is Sy kosbare besittings. Hy sorg vir ons. Dis die blye boodskap ook vir ons….