POSTED BY John Wait on 04:42 under ,
2 Konings 6:8-17

Vanoggend se gedeelte begin met die verwysing na die oorlog tussen Aram en Israel. Geen melding word gemaak van die tydstip, redes of betrokke konings nie. Daar word nie baie uitgewy oor die detail nie.

 Maar die profeet Elisa, speel egter ‘n baie belangrike rol… Vanweë sy besondere bonatuurlike gawes is hy in staat  om die koning van Israel vooraf te waarsku om nie na sekere plekke te trek nie. (vers 11-140). Die Aramese koning was naderhand rasend en vermoed verraad in sy eie geledere.

Na die Naaman episode was Elisa goed bekend onder die Arameërs. Een van die Aramese offisiere hierhinner die koning aan Elisa se gawes en daar word besluit om die man van God onmiddellik gevange te neem. Om die bedreiging wat Elisa vir hulle bide uit die weg te ruim.

 Uiteindelik word hy in Dotan opgespoor en ‘n groot mag word teen hom uitgestuur. Die hele stad word in die nag omsingel.Dis duidelik dat die koning van Aram geen kanse wou waag dat Elisa dalk kon ontsnap nie.

 Die volgende oggend is Elisa se slaaf baie onsteld en vreeslik bang toe hy wakker word en die groot beleëringsmag sien (vers 16-18). En mens kan hom seker ook nie verkwalik nie! Ons sou seker net so bang gevoel het, of hoe?

Maar let bietjie op: In teenstelling met sy slaaf is Elisa heeltemal kalm. Dit lyk asof hy hom glad nie steur aan die vreeslike berdeiging nie… Hoekom nie? Die antwoord is eenvoudig…. want hy vertrou op God. Met sy geloofsoog interpreteer hy die werklikheid anders as sy vreesbevange slaaf. Eers moet die slaaf se (geloofs)-oë oopgemaak word voor hy kon besef  dat die wat by hulle is, meer is as wat by die Arameërs is….

Dit is mos net so ook met ons in die lewe. Wanneer ons geloofs-oë toe is sien ons net die bedreigings en verdrukking en swaarkry en moeilikheid van die lewe raak. Dis baie keer asof ons net soos Elisa se slaaf voel asof ons in ‘n hoek vasgedruk word en daar geen uitkoms vir ons is nie.

Die kleinste dingetjie word vir ons so ‘n groot iets dat ons nie die lig aan die einde van die tonnel kan of wil raak sien nie, nie die donker wolk se goue rantjie kan sien nie.

Is dit nie so dat die lewe, ek verwys nou spesifiek na die volheid van die lewe waartoe elkeen van ons in staat is, wat ons in God het,  baie keer by ons verbygaan juis omdat ons toe oë deur die lewe gaan.Ons mis baie keer die grootste wonderwerke rondom ons,  en in ons eie lewens omdat ons meer soos Elisa se slaaf is en minder soos Elisa is.

Dis vir my baie keer ook asof mense ‘n doelbewuste keuse maak om so toe oë te leef. Dis asof baie mense partykeer vir God wil inperk deur te sê dat wonderwerke gebeur net nie meer nie.  Of dat iets onmoontlik is.

Dis asof mense dit baie keer so doen en beleef omdat hulle nie hulsef wil oorgee aan die mag en glorie van God nie… om maar net deur  die lewe te gaan op ‘n eentonige bestaans bootjie, en die “magic” die Almag van God mis te kyk, omdat ons dit nie kan of wil verstaan nie…

Wel die goeie nuus is dat niks vir God onmoontlik is nie. Ons aanbid die Lewende God vir Wie niks oonmoontlik is nie. Hy is tot alles toe in staat. Hy maak nog van die begin af die onmoontlike moontlik. Hy is in beheer van alles en almal…. Hy doen elke dag wondere reg rondom ons en met elkeen van ons. Al wat ons moet doen is om ons oë van geloof oop te maak.

Laat vanoggend nog die Heilige Gees toe om vandag jou oë oop te maak… soos wat Hy met vanoggend se doopouers gemaak het, die afgelope paar maande, soos wat Hy met soveel ander mense rondom jou al die afgelope jaar gemaak het! Maak jou oë oop en sien die Alamag van Here!!!!! Komaan, sien net die berge reg rondom ons hier in Patensie is vol perde en strydwaens van vuur! God is by ons….en Hy is besig met jou op hierdie oomblik.

Die uiteinde van Elisa se vertroue op God was ongelooflik gewees. Hy kon deur die lewe gaan sonder om te vrees, sonder om bang te wees. Hy kon wondere verrig en het dit ook op baie geleenthede gedoen. Hy was die toonbeeld vir ons gewees van hoe om op God te vertrou met ons hele lewe. Met alles wat ons is en het en droom om te wees.

Hy het homself totaal en al oorgegee aan die Almagtige God. Wat ‘n reuse geloofsheld en voorbeeld vir elkeen van ons. Hy was die wonderlike bewys dat dit net eenvoudig beter is om op God te vertrou, dat dit net eenvoudig sin maak om te vertrou op die leiding van God.

 Elisa se voorbeeld kom gee vir ons die vaste versekering dat waneer ons totaal  en al op God vertrou ons ook ons werklikheid hier in Patensie anders kan vertolk. Dat ons ook nie hoef moed te verloor en bang te wees vir die toekoms nie. Sy voorbeeld kom verseker elkeen van ons dat dit die moeite werd is om niks te vrees nie, en net op God te vertrou!

Maar ongelukkig kies te veel van ons om eerder soos Elisa se slaaf te wees. Om eerder elke keer die toekoms en uitdagings van hierdie lewe te vrees. Verseker het Elisa se slaaf daardie oggend in Dotan ‘n baie belangrike lewensles geleer, die vraag is nou net of jy dit nou ook deur hom geleer het. Gaan jy wag tot die vals beskerming wat jy rondom jou oor soveel jare opgebou het ook eers heeltemal inmekaar tuimel voor jy ook maar moet erken dat jy die pad byster geraak het?

slaaf wees? Of aanvaar jy nou saam met my, saam met vanoggend se doopouers die uitdaging om ‘n vreeslose Elisa te wees…’n Man en Vrou van God?
0 Kommentaar: so far: