POSTED BY John Wait on 22:36 under , ,
Romeine 5;1-11

In hierdie gedeelte wil Paulus die lyn deurtrek vanaf die dood en opstanding van Christus na die lewe van ‘n Christen. Hiers stippel hy die implikasies van die dood en opstanding van Christus vir die Christen uit.

Die paragraaf wat ons saamgelees het, vertoon die opmerklike struktuur waar die verlede , hede en toekoms telkens naas mekaar geplees word. Die Hede is begrond in die verlede en die toekoms vloei daaruit voort. Die lyding, sterwe en opstanding van jesus is nie maar net gebeure waaraan ons terugdink nie. Nee, dit bepaal ons lewe en lewenswyse en ons toekoms.

Doe soendood van ons Here Jesus Christus staan in die middle. Dit is die fokuspunt van die lewe van elke Christen. Christus het op die bestemde tyd vir die goddeloses gesterwe (v6). Christus het gesterwe. Ja, Hy het vir die goddelose, vir die sondaar, vir hulle wat sonder God geleef het, vir hulle wat God verwerp het, ja vir elkeen van ons, wat deel gevorm het het, of vorm van die skaer van goddelose, gesterwe. Die sterwe van Christus is die bewys van liefde van God vir ons(v8). Die liefde van God is so onbegryplik groot, soveel groter as waartoe ‘n mens ooit in staat kan wees. Want ‘n mens sal sy eie lewe nie opoffer ter wille van ander nie- miskien sal iemand nog in die plek van ‘n baie goeie en geliefde persoon sterf. Maar wie sal nou bereid wees om gewillig sy lewe te gee in die plek van hulle wat hom haat; hom verqag;hom vervolg; hom mishandle? Maar God openbaar Sy liefde daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

Dan, sê Paulus, het die dood en opstanding van Christus ‘n aantal implikasies vir ons lewe. IN vers 1 lees ons: ons het vrwede by God deur ons Here Jesus Christus. So bring Jesus ‘n totale ommekeer in die lewe van ‘n men swat vroeër God gehaat het; wat God verwerp het; nie na God geluister het nie en in konflik met God geleef het. Vrede by God beteken om een met God te wees; om Sy wilt e volvoer; saam met Hom te werk en Hom te verherlik met jou hele menswees. Het jy vrede by God deur die geloof in Jesus Christus? Die Here van vrede wil in Christus vir jou vandag volkome vrede gee. Mag die vrede van God ook deel word in jou lewe… dis my wens vir jou.

In vers 2 lees ons dat ons deur jesus die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan. Christus is die deur waardeur onskna ingaan en in hierdie ruimte van genade leef. In Christus het ons die genade van God deelagtig geword. Die genade dat Hy ons sondes vegewe; ons reinig en ons heilig; ons aanneem as Sy kinders en erfgename van Sy koninkryk. Sy genade is elke dag en op alle terreine oorvloedig in ons lewe. ONs leef uit genade; in Sy genade wat soos lug om ons vou.

Dan sê Paulus: omdat ons deur jesus Christus vrede by God het, en leef in Sy genade, kna on sons verheug. Kan ons juig en bly wees. Kan ons jubel en glimlag. En dit wat hy vir die gemeente van Rome sê, geld ook vir almal in die tye van verdrukking. Dit geld ook vir ons. Vir lkeen wat swaarkry. En nou moet jy onthou dat die Christene in Rome baie swaar gekry het. Want keiser Claudius het ook die Christene vervolg. Baie van hulle moes sterf vir hulle geloof. Clauduius het dan ok op die ou end al die Christene uit Rome verban. Toe hy sterf kon die Christene weer terugkeer na Rome. En nou sê Paulus: Omdat ons is Chrsitus  met God versoen is, vrede by God het en in Sy genade leef; darom kan en moet on sons verheug. Want ook die swaarkry is deel van God se handelinge met Sy kinders.. Want swaarkry kweek volharding; en volharding kweek egtheid van geloof en egtehid van geloof kweek hoop en hoop beskaam nie, want God het Sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het(v3-5). Swaarkry en teenspeod is soms noodsaaklik om die geloof tot volle wisdom te bring. Vir ‘n plant mag dit nodig wees om swaar te kry ten einde pragtige blomme te voorskeyn te bring. Die liefde van die sterwe van Christus; die krag van Sy opstanding triomfeer oor alle pyn en dood. In die liefde en krag kan die mens; die gelowige triomfeer oor alle menslike leed en pyn en swaarkry. So bring die lyding van Chrsitus vreugde in ons lyding ion die wete: in Chrsitus sal ons daaroor triomfeer. Ons lyding is nie vernietigend nie. Ons sal daaruit opstaan en lewe. Ja, selfs die lyding van die dood is in Chrsitus verbreek. Saam met Homs al ons opstaan en lewe.

Nou stel die gedeelte dit so mooi; die soendood van Christus en Sy opstanding vind sy hoogtepunt in mens se lewe in die blydskap. Dit loop op soos trappe; vrede by God; leef in genade; leef met blydskap. Maar in die blydskap is die hoogtepunt. Ons geloof is in die verlede begrond, maar op die toekoms gerig. Ons leef deur die soendood en opstanding van Chrsitus. Maar ons kyk vooruit; na die wederkoms van Christus. Ons leef in die verwagting van die koninkryk van God wat in Sy heerlikheid sal kom.

Van die konikskap van god wat in sy volkomenheid werklikheid sal word oor almal wat in geloof deur Jesus Chrsitus met Hom versoen is. Die toekoms laat die Christen nie bewe van vrees nie. Aangesien ons nou geregverdig is deur Sy bloed, staan dit soveel vaster dat ons ook deur Hom van die straf van God gered sal word.. Aangesien ons, toe ons nog  God se vyande was, deur die dood van Sy Seun met Hom versoen is, staan dit soveel vaster dat ons , noudat ons versoen is, deur die lewe van Sy Seun  gered sal word. Maar dit is nie al nie. OPns verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus. So stel Paulus dit in verse 9-11. Daarom gaan die Chrsiten die toekoms met ‘n blye gemoed tegemoet. Want, wat die toekoms ook al mag inhou…on sweet ons sal gered word. Ons sal uit elke noodsituasie bevry word. Deur elke fase van swaarkry gelouter word. Onder alle omstandighede leef in genade en in vrede by God.

Romeine 5:1-11 roep ons op om ons lewe in die regte perspektief te sien. Ja, om ons hele lewe te sien vanuit die lyding en sterwe en opstanding van Chrsitus. Hy het in ons plek gesterf en vir ons Sy lewe afgelê. Hy het oorwin oor die sonde. Hy wil ons sonde uitdelg en ons met God versoen. Soda tons in vrede met God kan leef in Sy genade; kan leef in vreugde en hoop. Hy kom en wil doen vir elkeen van ons. Het Hy dit al vir jou gedoen? Is jy met God versoen deur ons Here Jesus Christus? Leef jy in vrede met God? Lef jy in Sy genade en vreugde?

Romeine 5:1-11 wil ook vir lkeen van ons, onder ons spesifieke omstandighede sê: Die liefde van die sterwe van Christus; die krag van Sy opstanding triomfeer oor alle leed en pyn en swaarkry. In Christus kan jy triomfeer; in vreugde oorwin oor jou swaarkry en oor jou pyn en leed.

Romeine 5:1-11 wil ons oproep om met die oog op die toekoms deur Christus in geloof en hoop te leef in die wete: ons sal gered word deur ons Here jesus Christus!
0 Kommentaar: so far: