|
Lukas 4:14-30
|
|
Kom ons vertaal die Bybel
Die gedeelte wat ons nou sopas saam gelees het, vertel ons van een van Jesus se eerste openbare optredes as volwasse man. Na sy versoeking deur die duiwel in die woestyn, vertel Lukas ons, keer Jesus terug na Galilea toe en gaan na Nasaret, waar Hy grootgeword het. Daar gekom, gaan Jesus, soos dit sy gebruik was, op die Sabbatdag na die sinagoge toe. En kom ek sê eers so ‘n ietsie meer oor die sinagoge van daardie tyd voor ek verder gaan, dat ons beter verstaan wat presies hier gebeur het. Daar was nie, soos in die geval van die tempel, by die sinagoge offers gebring nie. Die sinagoge, kan ons sê, was 'n plek van oordenking. Daar is uit beskikbare boekrolle gelees en dan is die gedeeltes wat gelees is, oordink.
By die tempel in Jerusalem kon alleenlik die priesters offers aan God
bring, hulle was daar in beheer. By die sinagoge was dit egter nie so nie. By
die sinagoge was daar nie priesters aan diens nie. Dit het enige man vry
gestaan om deel te neem aan die erediens in die sinagoge, as mens dit so kan
noem. 'n Man sou aanbied om voor te lees uit die boekrolle van die Ou
Testament wat beskikbaar was, en dan het hy gaan sit op 'n klein platformpie
en sê wat die gedeelte vir hom beteken het.
Dit is dan ook wat daardie dag met Jesus gebeur het. Toe Hy opstaan om
te lees, is die boek Jesaja aan Hom gegee, en Hy het dit oopgemaak by Jesaja
61 vers 2, 'n gedeelte wat baie bekend en baie gewild onder die Jode van
daardie tyd was. Die gedeelte het vir hulle hoop gebring, want dit sê dat God
vir hulle uitkoms sal bring, dit het hulle daaraan herinner dat God steeds by
hulle was.
Die presiese gedeelte uit
Jesaja speel af in 'n tyd toe die volk uit ballingskap in Babilon na Israel
toe teruggekeer het. Al was hulle terug in hulle vaderland, het dit maar
moeilik met hulle gegaan. Hulle het hard gewerk om die tempel te herbou, maar
het deurentyd die wind van voor gekry. Tye was hard, kos was skaars, en die
toekoms het maar donker gelyk. Die mense het begin moedeloos raak, en dit het
vir hulle voel asof God hulle vergeet het. Hulle was naderhand so moedeloos
dat hulle in sak en as gaan sit het, kompleet asof hulle getreur het oor
iemand wat dood is.
Midde in hierdie gebeure kom die profeet Jesaja en sê vir hulle dat
God by hulle is, en dat Hy uitkoms sal bied. Hy sal hulle red, Hy sal hulle
weer 'n magtige nasie maak. Dus 'n boodskap van hoop, van nuutgevonde
vryheid, van verlossing.
Die genadejaar waarvan die teks in Jesaja praat, verwys na die
jubeljaar (wat elke vyftigste jaar gevier is) waarin mense wat as gevolg van
skuld as slawe verkoop is, vrygelaat moes word. ‘n Mens kan verstaan hoekom juis hierdie
Skrifgedeelte by die Jode in Jesus se tyd so gewild was: Hulle het swaargekry
onder die onderdrukking van die Romeinse regering, hulle het gesmag na
uitkoms, hulle sou graag weer 'n genadejaar, 'n jubeljaar wou beleef, ‘n Genadejaar
waarin hulle bevry sou word van vreemde oorheersing en uitbuiting.
Nadat Jesus uit die boekrol gelees het, het Hy dit aan die amptenaar
van die sinagoge teruggegee en gaan sit. Almal se oë was op Hom gerig. Hulle
wou graag hoor wat Jesus oor die Skrifgedeelte te sê het. En wat Jesus op die
ou ent sê, is die heel laaste ding wat hulle ooit sou kon verwag!
Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. Jy kon
seker 'n speld hoor val in daardie sinagoge. Jesus los 'n spreekwoordelike
bom onder die Jode. Hy sê vir hulle dat Hy die een is wat God se verlossing
bring, die uitkoms wat God bring, kom deur Hom. Hy, Jesus, Hy is die
vervulling van God se belofte van hoop, Hy is die vervulling van God se
belofte van bevryding.
Aanvanklik reageer die hoorders heel positief, maar hoe meer Jesus met
hulle praat, hoe meer raak hulle ontsteld, totdat ons uiteindelik lees: Hulle
het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van
die berg om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur
geloop en weggegaan.
Met ander woorde, Jesus word nie aanvaar deur die mense tussen wie Hy
grootgeword het nie. Hulle verwag iets meer, iets groter, iets wonderbaarliks
wat hulle vir eens en vir altyd sou vrymaak van die onderdrukking van die
Romeine. Maar nee, voor hulle staan 'n doodgewone jong man. Hulle ken Hom as
Jesus, seun van Josef die timmerman wat daar onder in die dorpie bly. En nou
kom hierdie Jesus vir hulle staan en vertel dat Hy die Messias, die
langverwagte Verlosser is wat God hulle belowe het?
Nee wat, wat te erg is, is te erg. Kom ons gaan gooi hierdie Godslasteraar by die naaste krans af, sê hulle vir mekaar.
Netso ook beleef ons ook elke Sondag dat Jesus as 't ware voor ons kom
staan vir ons uit die Bybel lees van God se beloftes van uitkoms en
verlossing en ook vir ons sê: Vandag is hierdie Skrifwoord wat
julle nou net gehoor het, vervul.
En nou is die vraag: Wat maak ons met hierdie Jesus? Aanbid ons Hom,
volg ons Hom, dien ons Hom, of probeer
ons dalk ook spreekwoordelik om Hom by die naaste krans af te gooi: die krans
van onbetrokkenheid, die krans van ongehoorsaamheid, die krans van
traak-my-nie-agtigheid, van onverskilligheid?
Kom ek probeer dit anders s¨º: Die storie word vertel van vier
dominees wat gesit en stry het oor watter vertaling van die Bybel kwansuis
die beste is. Die eerste dominee het gesê dat die Ou Vertaling, die
1933-vertaling vir hom die beste is, want daar is so 'n waardige Bybelse taal
wat in die vertaling gebruik word. Die tweede dominee het gesê dat hy die
Nuwe Vertaling, die 1983-vertaling, verkies want dit is nie 'n letterlike woord
vir woord vertaling nie die vertaling gee vir mens eerder die betekenis van
'n gedeelte weer. Die derde dominee was heelwat jonger as die ander en het
gesê dat hy 'n moderne weergawe soos Die Boodskap verkies, want die taal wat
daarin gebruik word, spreek sy leefwêreld aan.
Toe hulle die vierde dominee vra watter vertaling van die Bybel hy die
meeste van hou, het hy hulle so gesit en kyk en toe vir hulle gesê Die
vertaling waarvan ek die meeste hou, is my pa se vertaling, want sien, hy vertaal
elke dag die woorde van die Bybel oor in dade. Hy sit die woorde van die
Bybel oor in dade en dit is die mees oortuigende vertaling wat ek ken!
En is dit nie ook presies wat Jesus kom doen het nie? Hy het God se
beloftes oorvertaal in optredes, Hy het die woorde van God se beloftes
omgesit in dade. Hy sorg dat daar vir almal hoop en uitkoms en verlossing
kom. Hy maak ons, wat die slawe was van die skuld van ons sondes, vry van
hierdie skuld, Hy maak elke jaar vir ons 'n jubeljaar, elke dag 'n jubeldag,
want ons kan weet, maak nie saak wat op ons pad kom nie...God is by ons, Hy
laat ons nooit weer alleen nie, Hy is elke tree van elke dag se paadjie saam
met ons op pad na 'n heerlike toekoms saam met ons Hemelse Vader. Vandag
is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul.
Hoe, lyk ons vertaling van die Bybel? Is dit maar net woorde, bly dit
maar net by goeie voornemens, leë beloftes? Of kry ons dit reg om die woorde
van die Bybel oor te vertaal en om te sit in dade? Jesus het dit vir ons kom
doen. En dit is nou ons beurt, ons tyd om elke dag 'n stuk vertaling te doen,
om die woorde die Bybel om te sit in dade. Soos die Vader my gestuur het, stuur
ek julle, het Jesus gesê.
Kom ons begin, sommer vandag
nog, met ons lewenslange vertalingsprojek!
|
Februarie 2014 PatensieLukas 4 : 1- 13
Dit is ’n baie interessante verhaal wat
hom hier afspeel. Dis nie 'n storietjie nie, dit het regtig gebeur.
Ek wil van hierdie gebeure op ons van
toepassing maak, want alles wat Satan op Jesus probeer het, probeer hy op ons
ook. Kom ons kyk bietjie van nader hoe die duiwel te werk gaan...
Vers 1: Toe is Jesus deur die Gees die
woestyn ingelei. LW. Dit was met die volle goedkeuring van God dat dit
plaasgevind het. En die gedeelte eindig in vers 13 met, "die engele het
Hom kom versorg". God die Vader het nooit vir Jesus verlaat nie, maar Hy
het dit toegelaat!
Satan se strategie. En hy is so
arrogant om by Jesus te begin. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet
nie. Hoekom nie? Omdat hy niks gehad het nie? Ek glo nie. Want toe was die
duiwel nog nie by Hom nie. Waarskynlik eerder omdat Hy in daardie tyd gevas
het. Om te vas beteken om jouself aan God af te sonder. Daar staan: "Die
versoeker het toe gekom." Dus na veertig dae, toe Hy begin honger word
het. "As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word."
Hier probeer hy vir Jesus tot op die been toets. Toe Hy honger word, kom
probeer hy om vir Jesus te verlei met iets wat Hy baie nodig het. En Jesus sê:
"'n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond
van God kom." Kan jy sien dat die duiwel self Jesus se wonderwerkende krag
erken, en dit wil gebruik om Hom te verlei? Net so kom die duiwel vandag na my
en jou toe met kennis, en insig, maar hy verdraai dit so dat ons daarvoor val.
En soos wat hy vir Jesus probeer onderkry toe Hy honger was, doen hy dieselfde
met ons. Hy gebruik ons swak punte, of kom na ons op tye wat ons kwesbaar is.
Neem net hierdie bietjie geld daar by die werk, jy gaan dit mos die einde van
die maand terugsit. Dit word leen genoem, maar dis diefstal. OF: Hoe kan liefde
verkeerd wees, dis dan absoluut 'n goddelike beginsel. Jy raak betrokke in 'n
buite-egtelike verhouding, want jy is kwansuis nie meer lief vir jou vrou nie,
sy verstaan jou nie meer nie; of iets soos, ek het nie gevra dat dit gebeur
nie. O ja, jy het. Dit word liefde genoem, maar dis eintlik wellus.
Die Satan word die verleier genoem. En
dis presies wat dit is. Soos 'n suikerlagie om 'n bitter pil. Die pilletjie
proe lekker, tot die suiker weg is.
Satan neem vir Jesus na die tempel toe
en sê: "spring dan af." Verse 5 - 7. Kan jy sien dat Satan die skrif
ken. Wat hy sê, is heeltemal waar. Maar hy haal dit net uit konteks uit. En dan
sê Jesus iets wat ek en jy vir onsself kan neem. Daar staan óók geskrywe. Die
duiwel kom en misbruik skrifgedeeltes om hom te pas. Iets soos "Jy hoef
net te glo, en niks te doen nie". Ons moet seker maak dat ons die hele
Bybel lees en leef. Ons wil so graag hoor wat God in Sy liefde doen - en dis
reg so - maar ons wil nie hoor van Sy opdragte nie. Jesus noem dit: "Jy
mag nie die Here jou God op die proef stel nie." Ons hoef nie Sy beloftes
te toets nie. Ongelukkig doen ons dit dikwels net vir ons eie gewin.
Die volgende versoeking waarvan ons
lees in vers 8 en 9, is 'n baie sterk toets. Kyk wat doen die duiwel, hy bied
vir Jesus iets aan wat reeds aan Hom behoort. Alles behoort in elk geval aan
God. Satan probeer as't ware vir Jesus met materialisme omkoop. Die wêreld met
al sy prag. Val neer en aanbid my, dan is alles U s’n. Net so kom Satan na my
en jou toe en sê: Jy kan alles kry, op 'n skinkbord, moet net nie meer vir
Jesus aanbid en dien nie. 'n Mens kan nie God en Mammon dien nie. Satan se
leuens laat dit alles so aanloklik lyk. So maak die duiwel ook met God se
verlossingsplan. Hy probeer iets aanbied wat so reg lyk. Al sê die Bybel iets
pertinent, probeer hy vir jou sê "Dis nie so erg nie", of "nee
wat, die Bybel word eintlik net verkeerd geïnterpreteer". Dan bied hy vir
jou iets aan wat hy nie eers besit nie. Hy probeer selfs 'n weg tot
saligheid bied; wat hy beslis nie het nie.
Ons lees hoedat Jesus hom net wegjaag.
"Gaan weg Satan, die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien".
Net een God, net een verlossingsplan, net een Messias. Ek en jy het ook die mag
om te sê, "gaan weg, Satan. Ek dien die Here."
Sê nou Jesus het net op een ding
toegegee, dan sou Sy hele Goddelikheid daarmee heen wees. Sy integriteit sou
weg wees. Satan wou Jesus uitdaag om Sy Goddelikheid te bewys, terwyl dit reeds
vas gestaan het. Hy wou Hom iets voer toe Hy swak was. Hy wou vir Hom iets gee
wat Hy reeds besit het. En Jesus jaag hom net weg. As ek en jy vandag sukkel
met sonde, dan lees ek vir jou …
Hebr 4 : 15 - 16. " Die
Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan hê
nie; Hy was immers in elke opsig net soos ons aan versoeking onderwerp, maar Hy
het nie gesondig nie. 16 Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon,
sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan
word."
Hy was totaal mens en is aan baie
versoekinge onderwerp, maar Hy het nie gesondig nie. Dis omdat Hy kon vasstaan,
dat Hy aan die kruis kon uitroep: "Dit is volbring". Volmaak God,
asof Hy nooit mens was nie, volmaak mens asof Hy nooit God was nie. Die
volmaakte God vir die volmaakte mens. As Jesus toegegee het aan een ding, sou
Sy hele verlossingsplan daarmee heen gewees het, want dan het Hy voor 'n ander
god die knie gebuig. Ek en jy is nie volmaak nie, maar as ons die oog net op
Jesus gerig hou, sal ons ook kan uitroep: "Gaan weg Satan, ek het gekies
om net Een God te dien. En as jy vir my iets aanbied wat jy nie besit nie,
beteken dit dat jy dit iewers probeer steel. Ek hoef nie hierdie gesteelde goed
te vat nie, want ek is 'n mede-erfgenaam van Jesus."
Die verleier gaan jou probeer vang met
'n slap riem, maar lees en ken God se Woord.
Maar ons, ons dien die Here.
Maar ons, ons dien die Here.
5Januarie 2014 Patensie
Lukas 3:1-14
Maak die paaie reguit
Kersfees was ‘n week of wat gelede.... En
naas Kersfees is nuwe jaar seker die grootste ritueel in ons samelewing. ‘n
Plek waar ons op verskeie simboliese maniere kies om ‘n nuwe deel van ons lewe aan te pak. Hierdie
tyd rondom nuwejaar
gaan nog sy kwota ongelukke van dronk bestuurders hê, wat deur een ritueel die nuwe jaar ingegaan
het, maar ook in hierdie tyd gaan ons ook nog ons
kwota nuut verloofdes hê, wat op die nuwe jaar ook ‘n nuwe fase van hulle
lewens gaan ingaan. In hierdie tyd is ons ook
bewus van die eerste kindjie wat gebore is ons vallei van die nuwe jaar....
‘n Baie bekende filosoof skryf op ‘n plek die volgende woorde: Religion is for lovers. Godsdiens is vir
mense wat iets van die liefde verstaan. Want godsdiens, in sy wese, sê dat die lewe nie net oor my gaan
nie. Godsdiens sê in sy wese dat die “ander” belangrik is. Die ander mens, ‘n medemens, soos ons
dikwels sê, maar ook die “groot ander”, soos ons een geloofsbelydenis sê: “dit wat ons God noem”. Ons
kies uiteindelik ook hier vir ‘n ritueel, ‘n manier van die nuwe jaar aanpak
hier op die eerste Sondag van die jaar, omdat die ander vir ons
belangrik is. Soos Jesus ons geleer het: “Jy moet die Here jou God liefhê, en jou naaste moet jy liefhê
soos jouself”. Hierdie spirituele deel van ons lewens wil ons ook deel van ons ritueel maak waarmee ons
die nuwe jaar binnegaan. Daarom dat ons
ook vanoggend hier bymekaar is. Omdat God vir ons
belangrik is...
Dit was die
vyftiede regeringsjaar van keiser Tiberius.
Pontius Pilatus was goewerneur van
Judea, en Herodus heerser van Galilea. Sy broer Filippus was heerser van Iturea en Tragonitis, en
Lisanias heerser van Abilene. Annas en Kajafas was die hoëpriesters.
Wanneer Lukas met hierdie woorde, hierdie lysie name van politici, ja, en selfs die hoëpriesters was
maar politici, begin, is dit nie om dowe neute
nie. Dit wek emosie op. Netso voel ons verskillend oor die dinge wat besig is om in ons wêreld te gebeur....
dink byvoorbeeld aan ons eie leiers... Maar
Lukas doen dit met ‘n doel. Sy lesers moet verstaan wat die konteks is waarbinne Johannes, en dan later
ook Jesus, kom preek het. Sy lesers moet die wêreld verstaan waarbinne gepreek is. Wanneer sy lesers
hierdie name hoor dan weet hulle net soos ons vandag, wat dit beteken. Die tyd van Hitler, die tyd van
Kennedy, die tyd van Botha, die tyd van Mandela. Die tyd van enige leier, roep by ons herinneringe op.
Dit skep ‘n konteks. Ons konteks ken ons egter.
Lukas 3, Jesaja 40 en God in die wêreld
Jesaja 40 begin met die volgende woorde:
Die uitkoms is hier!
Die uitkoms is hier!
Dit, sê julle God, moet julle vir my volk sê.
Bring vir Jerusalem die goeie tyding, sê vir hom
Sy swaarkry is verby, hy het geboet
vir sy sonde,
hy het van die Here die volle straf ontvang
vir al sy sondes.
Iemand roep:
“Maak vir die Here ‘n pad in die woestyn,
maak in die barre wêreld ‘n grootpad vir ons God!
Elke laagte moet opgevul word,
elke berg en rant moet gelykgrond word.
Elke bult moet ‘n gelykte word en elke koppie ‘n vlakte.
Dan sal die mag van die Here geopenbaar word;
al wat leef, sal dit sien.
Die Here self het dit gesê.”
Wanneer Lukas hierdie woorde aanhaal om die prediking van Johannes in te lui, en in effek daarmee die
bediening van Jesus wat oppad is, dan het dit ‘n diep boodskap van hoop. Jesaja 40 lui die tweede deel
van die boek Jesaja
in, en dit vertel oor die uitkoms wat
vir Israel kom waar hulle onderdruk is
in
ballingskap.
In effek kom sê Lukas vir sy leser: Dit wat nou kom is net so radikaal as toe God die onderdrukte klein
volkie Israel verlos het 500 jaar gelede. Lukas skryf dat die “woord van God” tot Johannes gekom het, dis
nou Johannes die doper, wie se geboorte saam met Jesus s’n beskryf is in die eerste 2 hoofstukke. En
God se boodskap wat deur Johannes gebring word is een van verlossing, net soos destyds toe Israel in
ballingskap was.
En vandag? En 2014?
Ons het baie keer hierdie prentjie van die monnik, die perfekte “spirituele” persoon, wat spiritueel word
juis omdat hy of sy hom of haarself heeltemal onttrek van die samelewing. Christen monikke, so het ons
deur die eeue geleer, kan hulleself egter nooit onttrek van die samelewing nie. Ons kom nie nader aan
God deur verder van die wêreld af
te beweeg nie. Christelike spiritualiteit, die Christelike geloofslewe,
kan op geen ander manier geleef word as binne die konteks van die dag nie. Geloof het deur die eeue
waarin die Bybel ontstaan het, en in die eeue van die kerk, elke keer grond toe gekom in ‘n spesifieke
tyd, in ‘n spesifieke konteks, waar mense gaan luister het na die stem van God in hulle tyd, vir hulle
konteks.
Die woord van God
In Lukas 3, is die Johannes die doper wat die stem van God is vir die mense van sy tyd, van sy konteks.
Wat vir hulle kom wys wat die wil van God vir hulle samelewing is. Daar staan dat die woord van God na
Johannes toe gekom het. Kan ons dit vandag herhaal? Dat God se woord gehoor word? In hierdie tyd, in
ons konteks.... Resessie, Obama, Zuma, Economic
Freedom fighters.... Is die boodskap dat ‘n pad skoon gemaak
moet word, dat God se woord gehoor is, soos 2500 jaar gelede vir Israel, en 2000 jaar gelede met
Johannes. Hoor ons God se stem vir 2014? Of het God se woord stil geword in hierdie tyd? Kom ons
maak dit prakties:
Die massas mense wat na Johannes gestroom het, wil
uiteindelik by hom weet: Maar wat sê God vir ons,
prakties, vandag. Wat beteken hierdie verlossing vir wat ek moet gaan doen more, en in die jaar wat
kom? Ons vind Johannes se antwoord in die volgende paar verse:
Lukas 3:10‐14 (lees dit weer!)
Te midde van die groot name, die groot onderdrukkings en ongeregtighede, is Johannes se boodskap dat
elkeen daar waar hy is moet begin om hierdie geregtigheid te leef. Mag hierdie
leef soos wat God jou
geroep het, deel wees van jou storie vir 2014.
1 Desember 2013 Patensie
Lukas 2:8-20
Ons gaan voort met ons tema van VREUGDE. Dis maklik om te dink hoekom. Die
wagtyd is nou verby halfpad, en die opgewondenheid oor die naderende Kersfees
begin groei. Maar dit is ’n vreemde
vreugde; ’n vreugde te midde van, en ten spyte van, die drama, die spanning,
die seer en die afgematheid van die alledaagse lewe.
Daarom het ons vanoggend die verhaal oor die engele en die herders gelees, want dis ook ’n vreemde verhaal, so totaal anders as wat ’n mens sou verwag.
1.
Dink ’n bietjie vir jou in in wat daar gebeur het. God se Seun word gebore, en Hy wil dit bekend maak, die Seun van God is gebore. Vir wie gaan Hy dit vertel? Wie is die mense wat dit heel eerste moet hoor?
Dis nie toevallig dat dit die herders was nie. God doen nie dinge sommer net nie. Hy kies om dit heel eerste aan die herders te vertel om vir ons daarmee te sê wie is die soort mense by wie Hy tuis is, wat Hy sy vriende noem, vir wie Hy wil uitsonder as Hy die geboorte van sy Seun bekend wil maak.
Ons sal seker heelwat kan maak van die feit dat hulle eenvoudige mense was, en dat God nie beïndruk word deur glans en status en posisie en aansien nie. Dit is hoekom ons Jesus later dikwels in die geselskap van die nederiges en die uitgeworpenes van die samelewing sien. Hy het gekom vir hulle wat nie status het nie.
Maar ek dink daar lê meer in. Skaapwagters was mense wat geweet het wat dit beteken om afhanklik van God te leef. Jesus het self by geleentheid gesê: Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is. Dis by húlle waar Hy woning maak. Dís die gees waarin ons die Kerstyd moet vier: in diepe afhanklikheid van God.
2.
Die tweede ding wat my in dié gedeelte opgeval het, is die feit dat daar soveel engele betrokke was by die aankondiging.
Ek stel my voor God het die engele
bymekaargeroep en gevra wie wil saam met Gabriël gaan om die boodskap van sy Seun
se geboorte te gaan aankondig. En die engele het almal hand opgesteek. Hulle
wou almal by wees, deel wees van hierdie grootse gebeurtenis.
Toe ek dit lees, het ek net weer besef hoe geneig ons is om die evangelie te verskraal tot ’n boodskap vir onsself. Ja, natuurlik is dit ’n boodskap vir ons elkeen persoonlik. Natuurlik het Jesus gekom om jou te red, en my. Natuurlik gaan dit om die mense in wie Hy ’n welbehae het. Maar dit gaan nié net om ons nie.
Toe ek dit lees, het ek net weer besef hoe geneig ons is om die evangelie te verskraal tot ’n boodskap vir onsself. Ja, natuurlik is dit ’n boodskap vir ons elkeen persoonlik. Natuurlik het Jesus gekom om jou te red, en my. Natuurlik gaan dit om die mense in wie Hy ’n welbehae het. Maar dit gaan nié net om ons nie.
God
se skepping is baie meer as net ons, en hier sien ons so ’n ietsie daarvan. As
Jesus gebore word, is dit nie net iets waaroor die mense kan bly wees nie. Dis
ook ’n gebeurtenis waaroor die engele bly is. Hulle is óók geraak deur die
stukkendheid van die wêreld. Hulle sien óók uit na die verlossing, wanneer God
finaal die wêreld vir Hom terugwen. Dis nie net ons wat ly onder die sondeval
nie. Die ganse geskape werklikheid ly daaronder.
Paulus
skryf so ’n ietsie daarvan in Romeine 8 waar hy sê die hele skepping sug saam
met ons in verwagting op die openbaarmaking van die heerlikheid van God. Die
hele skepping! Ons is in hierdie dae baie bewus daarvan hoe die natuur al meer
ly onder die mens se vergrype. Lukas herinner ons daaraan dat die engele ook
geraak word.
Onthou, Christus is nie net ons Verlosser nie. Hy is die Eerste van die hele skepping, en dit sluit die engele in. Gaan lees gerus Paulus se pragtige loflied op die heerlikheid van die Seun in Kol 1:15-20.
Dis die ander ding wat ek dink ons hier moet raaksien: die betekenis van Jesus se koms na die wêreld is baie wyer as ons eie ou klein wêreldjie. Dit het betekenis vir die ganse skepping. Die Bybel wil ons visie op God hiermee so ’n bietjie wyer rek. Hoe sê Joh 3:16? So lief het God die wêreld gehad....
3.
Daar is ’n derde saak wat hierdie gedeelte wat ons nou gelees het, vir ons uitlig. Hierdie gedeelte praat oor die vreugde en verwondering onder die skaapwagters; vers 20 sê hulle het teruggegaan van die stal af terwyl hulle God loof en prys. En Lukas herinner ons aan die opgewondenheid in die hemel; dat die vreugde baie wyer is as wat ons kan verstaan. En as ons nie iewers in hierdie Kerstyd hierdie oorstelpende vreugde in God beleef nie, sal dit baie sleg wees.
Maar dis nie die enigste reaksie wat pas by gelowiges nie. Maria wys vir ons nog ’n weg. Sy het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink (vers 19). Kerstyd gaan nie net oor vreugde en vrolikheid nie. Kersfees gaan ook oor stil word, nadink, bid. Want net as ons Kersfees só ingaan, sal die vreugde van Jesus se koms na ons toe langer hou as die Kersversierings in ons huise.
Dis mos wat Psalm 1 ons leer oor ’n vrugbare lewe voor God, nie waar nie? Hy sê die mense wat soos bome is wat langs waterstrome geplant is en vrugte dra op die regte tyd, is die mense wat vreugde vind in die woord van die Here en dit dag en nag oordink (Ps 1:2). Soos Maria.
Lukas wil ons met hierdie verhaal daaraan herinner dat God nie soos ons is nie. Hy word nie beïndruk deur status of geld of posisie nie. ’n Eenvoudige herder is vir Hom ook belangrik. Mense wat in afhanklikheid van Hom leef. Jý is vir Hom belangrik.
Ons moet ook raaksien dat Jesus se geboorte in Betlehem baie groter betekenis het as wat ons besef. Daarom strek die vreugde van sy geboorte tot in die hemel self.
Kom dan, kom ons volg Maria se voorbeeld. Kom ons gebruik hierdie tyd van afskaling van ons programme om meer tyd te maak om ons in God te verbly en na te dink oor sy goedheid oor ons.
Onthou, Christus is nie net ons Verlosser nie. Hy is die Eerste van die hele skepping, en dit sluit die engele in. Gaan lees gerus Paulus se pragtige loflied op die heerlikheid van die Seun in Kol 1:15-20.
Dis die ander ding wat ek dink ons hier moet raaksien: die betekenis van Jesus se koms na die wêreld is baie wyer as ons eie ou klein wêreldjie. Dit het betekenis vir die ganse skepping. Die Bybel wil ons visie op God hiermee so ’n bietjie wyer rek. Hoe sê Joh 3:16? So lief het God die wêreld gehad....
3.
Daar is ’n derde saak wat hierdie gedeelte wat ons nou gelees het, vir ons uitlig. Hierdie gedeelte praat oor die vreugde en verwondering onder die skaapwagters; vers 20 sê hulle het teruggegaan van die stal af terwyl hulle God loof en prys. En Lukas herinner ons aan die opgewondenheid in die hemel; dat die vreugde baie wyer is as wat ons kan verstaan. En as ons nie iewers in hierdie Kerstyd hierdie oorstelpende vreugde in God beleef nie, sal dit baie sleg wees.
Maar dis nie die enigste reaksie wat pas by gelowiges nie. Maria wys vir ons nog ’n weg. Sy het stilweg hierdie dinge in haar hart bewaar en dikwels daaroor nagedink (vers 19). Kerstyd gaan nie net oor vreugde en vrolikheid nie. Kersfees gaan ook oor stil word, nadink, bid. Want net as ons Kersfees só ingaan, sal die vreugde van Jesus se koms na ons toe langer hou as die Kersversierings in ons huise.
Dis mos wat Psalm 1 ons leer oor ’n vrugbare lewe voor God, nie waar nie? Hy sê die mense wat soos bome is wat langs waterstrome geplant is en vrugte dra op die regte tyd, is die mense wat vreugde vind in die woord van die Here en dit dag en nag oordink (Ps 1:2). Soos Maria.
Lukas wil ons met hierdie verhaal daaraan herinner dat God nie soos ons is nie. Hy word nie beïndruk deur status of geld of posisie nie. ’n Eenvoudige herder is vir Hom ook belangrik. Mense wat in afhanklikheid van Hom leef. Jý is vir Hom belangrik.
Ons moet ook raaksien dat Jesus se geboorte in Betlehem baie groter betekenis het as wat ons besef. Daarom strek die vreugde van sy geboorte tot in die hemel self.
Kom dan, kom ons volg Maria se voorbeeld. Kom ons gebruik hierdie tyd van afskaling van ons programme om meer tyd te maak om ons in God te verbly en na te dink oor sy goedheid oor ons.
17 November 2013 Patensie
|
Psalm 118:22-29
|
|
Die gawe van vreugde Die afgelope week het ek tydens ‘n paar huisbesoeke, het dit my opgeval dat een saak vlak in die harte van baie mense lê: die behoefte aan vreugde...
Ons lidmate, en ook baie ander mense, vra deesdae een vraag al hoe
meer: hoe kan ‘n mens, in tye soos hierdie, in omstandighede soos ons deesdae
beleef, nog vreugdevol leef. Dit is eintlik nie moontlik nie. Vir baie voel
dit net envoudig nie moontlik nie.
Maar die behoefte is duidelik daar.
Anders sou mense nie hierdie
behoefte, op een of ander manier, opgehaal het nie. Mense wil vreugde ervaar,
hulle wil blye mense wees, hulle wil hulle lewens sinvol ervaar.
Oor die behoefte om bly te wil wees, om vreugde te wil ervaar, moet ek
nou een opmerking maak. Dit is nie maar net ‘n selfsugtige behoefte van mense
nie. Nee. Ons is nie in hierdie behoefte besig met ‘n opsionele ekstra in die
lewe nie. Inteendeel. Om vreugdevol te leef, is ‘n opdrag van God.
Dit sê Filippense 4:4 baie duidelik: ‘Wees bly’. Asook Psalm 118:24: ‘
dit is die dag wat die Here gemaak het, laat ons daaroor juig en bly wees!’.
Dit is miskien te sterk gestel, maar ek glo dat ons geskape is om,
naas baie ander dinge, gelukkig te wees. En as ons vreugde in die lewe
misloop, loop ons daarom een belangrike rede vir ons bestaan mis. Want
vreugde, leer God ons, is in ‘n sekere mate een van die grootste geheime van
die lewe.
Hoekom, is ons egter baie min kere blye mense? Wat is die probleem?
Ons sou seker baie redes kan noem. Maar miskien is die belangrikste rede vir
ons gebrek aan vreugde dat ons so dikwels juis nie die dinge doen waarvoor
ons geskape (en gered!) is nie. Dit is soos iemand een keer gesê het: ons
sluit onsself in ‘n donker hok in die middel van ‘n donker kamer toe, en dan
kla ons dat God ons daar hou. In kort: ons weier eintlik om die vreugde van
elke dag, van elke dag wat God vir ons geskape het, te ervaar.
Maar kom ons vra eers, voor ons aangaan: as ons van vreugde praat, die
vreugde waartoe God ons ‘n opdrag gee, waarvan praat ons? Die vreugde waartoe
God ons opdrag gee, is nie oppervlakkige of gewone plesier nie. Gewone
plesier is iets wat ons tydelik bly kan maak, kan maak dat ons tydelik van
ons sorge en kommer kan vergeet, maar as die soort plesier verby is, is die
kommer en sorge maar weer daar.
Die vreugde en blydskap waartoe God ons opdrag gee, is egter nie ‘n
vreugde wat ons vir onsself kan skep nie. Ons kan dit net ontvang. As gawe
uit God se hand. Vreugde wat ons nie maar net in staat om tydelik van ons
kommer en sorge te vergeet nie, maar juis ons kommer, probleme en sorge, elke
dag, in elke omstandigheid, blye mense te kan wees.
Ware vreugde, is dankbaarheid. Dankbaarheid vir die feit dat ek
vandag, in hierdie dag wat die Here vir my gegee het, nog te kan leef, al is
alles in hierdie dag nie reg nie. Want die lewe is mos maar so: ons lewens is
hoofsaaklik werk en worsteling. Die meeste van ons bring die meeste van ons
tyd deur, deur te wonder, te tas, te sukkel, soms te kruip en soms weer te
hardloop, en dit alles teen die getik van die horlosie.
Hoe ervaar ‘n mens vreugde in sulke omstandighede? Wanneer ‘n mens
besef: my lewe is ‘n geskenk uit die hand van God. Dit is goed dat ek lewe.
Maar selfs meer: my lewe, ek, is ‘n gawe aan hierdie wêreld, en van my vra
God nie om net self vreugde te ervaar nie, maar ook om die bron van ander se
vreugde te wees. Juis omdat hierdie dag, elke dag, deur God aan my gegee is,
en omdat, sê Filippense 4:5, in hierdie dag God naby aan my is.
Maar het ons enige aanspraak op vreugde? Mense vra hierdie vraag baie
gereeld. Moet ons nie meer net eerder van hierdie opdrag om bly te wees
vergeet en eenvoudig maar net aanvaar dat die lewe net moeite is nie? Nee, is
God se antwoord. Julle het ‘n aanspraak op vreugde, want elke dag word deur
My gegee. Wees daarom en daaroor bly!
Kom ons kyk na hierdie dag, elke dag, wat God vir ons gegee het in sy
eenvoudigste betekenis. Hierdie dag, is elke dag. Daardie bladsy in die
dagboek of daardie blokkie op die kalender. Hierdie dag is ook nie ‘n
herhaling van gister nie. Hierdie dag is nie gister toe alles nog reg was en
ek ongekende sukses beleef het nie. Hierdie dag is ook nie môre nie. Nie die
toekoms waarin jy miskien die gejaagdheid van die lewe sal ontkom nie, of wat
jy ook al sal bereik nie.
As die Here sê ‘wees bly oor hierdie dag’, dan is dit nie gister of
môre nie, dit is vandag. Wat as dag op ‘n keer gelewe moet word.
Hoekom moet ons dit so letterlik verstaan? Omdat vandag die lewe — die
ware lewe — is wat God moontlik gemaak het deur te sterf en op te staan en so
die God te word wat elke dag by ons is. Wat beteken dat elke nuwe dag nie
maar net dag is nie, maar die begin van ‘n nuwe skepping, ‘n nuwe toekoms,
met die belofte van hoop wat daarmee saamkom. Die hoop dat môre beter sal
wees.
Maar kom ons neem dit nog een stap verder. Wanneer Psalm 118:24 sê dat
God hierdie dag gemaak het en dat ons die voorreg het om op hierdie dag te
lewe, dan het God nie meer net nog ‘n dag gemaak nie, maar ook aan ons die
lewe in nog ‘n dag gegee. Daarom, nie alleen ‘n dag wat aan Hom behoort nie,
maar ook lewe wat aan Hom behoort. Lewe waarin ons die vreugde kan ervaar hoe
God versorg, troos en help. ‘n Dag waarin ons die vreugde kan ervaar om God
by ons te kan hê, en daarom te kan lag en te kan huil, te kniel en te kan
bid.
Want ons lewe nog. In ‘n dag wat aan God behoort, terwyl ons in
hierdie dag aan God behoort. Nog ‘n dag waarin ons nie alleen is nie, maar ‘n
dag waarin die Here naby is. Daarom kan ons vreugde ervaar. Kan ons bly wees.
Want al kan alles in hierdie dag hoe verkeerd wees: God is by ons. Ons
is nie alleen nie. En God gee nie alleen elke dag aan ons nie, Hy onderhou
dit ook. En daarom kan ons bly wees. Moet ons bly wees. Want in hierdie dag
leef ons dan waarvoor ons geskape is: om in God se teenwoordigheid, as God se
kinders, onder God se versorging te kan lewe.
Tog, beleef baie mense hulle dae nie so nie. Miskien ons ook nie. Al
stem ons saam met alles wat ons vanoggend tot dusver gesê het. Hoekom nie. Ek
verwys net na drie moontlike redes.
Sommige mense oordeel dat hulle dit nie verdien om vreugde te kan
ervaar nie. Hulle is te sleg daarvoor. En bo alles, vreugde val nie maar net
in ‘n mens se skoot nie. Daarom soek hulle daarna. Werk hulle daarvoor. Span
hulle hulleself daarvoor met oorgawe in. Maar dit bly hulle ontwyk. Hoekom?
Omdat al die inspanning om vreugde te vind, juis die vreugde uit die
lewe neem. Hulle span hulleself so in dat hulle vergeet dat elke dag uit die
hand van God kom om te geniet en te beleef.
‘n Tweede rede hoekom sommige mense so vreugdeloos lewe is die illusie
dat hulle die verantwoordelikheid dra vir al die ellendes in die wêreld. Dit
is ons skuld dat alles so sleg en verkeerd is. Daarom moet ons iets aan alles
doen.
God vra dit nie. God vra om te doen wat ons kan. Geniet elke dag, vind
vreugde in die lewe as gawe en bring vreugde in ander se lewe. En dit waaraan
ons niks kon doen nie, dit is so omdat ons nie anders kon nie.
‘n Derde rede vir ‘n gebrek aan vreugde is ongeloof. Ons maak van niks
iets, en van iets rampe wat ons glo vir ons lê en wag. En in plaas daarvan om
te glo dat God van ons rampe niks sal maak nie, maak ons van niks rampe. So
steel ons ons eie vreugde, en voor ons sien, is ons lewens een stuk paniek.
Ek sluit af. Ware vreugde is nie plesierigheid nie. Dit kan nie self
geskep of selfs gevind word nie. Dit is ‘n gawe uit die hand van God. Dit is
dankbaarheid vir die gawe van elke dag, en die gawe van lewe in daardie dag.
Dit is om bly te wees dat God nog ‘n lewensdag, spesiaal vir my, aan
my gegee het. Dit is om te weet dat in elke dag God naby aan my is. Dit is om
te weet dat vreugde nooit sonder pyn en hartseer is nie. Want hierdie dinge
is soms deel van elke dag.
Ware vreugde is ook om vir ander ‘n vreugde te wees. Om, soos God naby
aan ons is, vir ander naby te wees. Om te doen wat ons hand vind om te doen.
En in die aand tevrede te wees met wat ek vandag met my lewe gemaak het. En
in die vertroue te gaan slaap dat môre nog beter sal wees.
Ware vreugde is die leef van die lewe, saam met God. Dit is nie om
vreugde te gaan soek iewers waar alles in my lewe, volgens my, in plek sal
wees nie. ‘n Geloof dat dit moontlik is, steel ons vreugde.
Wat wel moontlik is om elke dag, as gawe van God, uit God se hand, en
soos God se hand teenoor ander te gaan lewe. Dan vind ons vreugde in ons
bestaan. Dan vind ons vreugde in die wete: ek lewe saam met God
|
|
Esegiël 37:1-14;
Handelinge 2:37
|
|
Woorde wat lewe gee In Psalm 77 bid Asaf dat die Here hom sal help. Maar dan antwoord die Here nie. En hoe harder Asaf bid, hoe stiller bly God. Totdat Asaf besluit dat hy God liewer maar moet afskryf. Want God wil nie meer help nie, dalk, sê Asaf, kan God nie meer nie.
Ook ons, kom soms
in hierdie situasie. Dinge gebeure met ons, goed kom ons oor, probleme of
probleempies stap oor ons lewenspad, ons drome word nie bewaarheid nie, wat
ons gehoop het gaan met ons in ons lewens gebeur gebeur toe nie so nie, daar
kom angs oor ons oor ‘n bepaalde situasie, noem maar op. Almal sake wat maak
dat ons by ‘n punt in die lewe kom waar ons voel, soos Asaf, dat God weg is.
Of dalk, ervaar
ons God afwesig in ons lewe as gevolg van sonde wat ons gedoen het. Dit is
ook moontlik. Waar ons so verwerp in onsself voel dat ons nie meer kans sien
vir die lewe nie. Ons almal, ken daardie doodsheid wat soms oor ‘n mens sak,
‘n doodsheid wat ‘n gevoel van nutteloosheid en totale moedeloosheid oor ‘n
mens laat kom.
In Esegiël 37
vind ons vir Esegiël in presies dieselfde situasie. Behalwe dat die volk in
ballingskap was (dit wil sê, weg van hulle land, hulle tempel en baie van
hulle mense), is al wat hulle gehoor het die oordele van God. Lees gerus maar
Esegiël so van hoofstuk 12 af deur. Die profete is soos jakkalse, daarom gaan
Ek gaan hulle straf, los julle afgode, julle gaan sterf, vuur gaan julle verteer,
Jerusalem sal soos ‘n klein boompie platgevee word, die wat sondig gaan
sterf, ellende wag op my volk, Ek gaan optree teen die profete. Net oordele.
Dit is al wat hulle hoor.
Alles was soos
die dood. Daar was niks meer om voor te lewe nie. So het die volk gevoel.
Maar ook die profeet Esegiël. Ook hy was maar goed moedeloos. Wat meer is,
deur die krag van die Here, lees ons, kom Esegiël in ‘n laagte vol
doodsbeendere aan. En wat sien hy? Presies wat hy voel. Baie bene wat droog
is, ‘n hele laagte vol. Presies soos sy hart vol dood is. Dus: wat hy voel,
is nou maar net wat hy sien. Alles is vir hom en die volk dood, alles is
verby.
Maar dan gebeur daar iets. Terwyl Esegiël so tussen die bene rondloop, kom God na hom toe met ‘n vraag. Dink jy, Esegiël, dat daar weer lewe in hierdie bene kan kom? Esegiël se antwoord, broers en susters, dat net die Here weet, beteken eintlik: nee wat Here, daar is nie ‘n kans nie. Menslik gesproke is dit nie moontlik nie. Hoe kan ‘n klomp dooie droë bene weer begin lewe? Maar u sal weet, Here. Maar weet, ek dink nie so nie.
Wat dan gebeur,
moes Esegiël seker tot skaamte gebring het. Gaan jy Esegiël, sê die Here, en
sê vir hierdie bene: lewe weer. En wat gebeur? Met die hoor van die woord van
die profeet beweeg die bene na mekaar toe, word dit met senings oorgetrek, en
kom daar ‘n vel oor. En daar lê almal toe, kan ons sê.
Toe kom die Here
weer na Esegiël, sien ons, en sê vir hom: sê vir die Gees om in hierdie mense
in te gaan. En toe Esegiël dit doen, gaan die Gees in almal in, en hulle
staan regop.
Wat, het hier
gebeur? Ons kan dit alles eintlik baie eenvoudig en kort saamvat: die volk
was dood. Hulle het gevoel God is weg. Daar is nie weer kans tot lewe nie.
Toe kom God en gebruik ‘n mens, sy profeet om twee dinge te doen. Sy woord te
verkondig dat daar lewe in God is, en God te bid om sy Gees weer uit te
stort. Met twee gevolge: God se volk het weer begin lewe, en, baie belangrik,
almal het besef dat die Here God is. Dat Hy wel in beheer is, dat Hy lewe wil
en kan gee.
Kom ons sê dit
nog meer eenvoudig: God gee lewe deur sy Woord en sy Gees. Daar waar sy woord
verkondig word, en waar sy Gees hierdie woord op mense se harte laat val,
daar kom lewe. So eenvoudig werk God. Baie kerke maak vreeslik baie van die
gebeure rondom Pinksterdag soos ons dit in Handelinge 2 raaklees.
Wat het eintlik daar gebeur, as ons dit in sy eenvoudigste boodskap wil raaklees? Soos belowe, het God se Gees uitgestort. Onder leiding van hierdie Gees, soos die geval met Esegiël, verkondig Petrus dat Jesus gesterf het, opgestaan het, opgevaar het, dat Hy lewe, en ons wat dit glo, ook sal lewe. En wat gebeur? Deur die Gees word hierdie woord deur meer as 3000 gehoor, wat tot bekering kom en God se kinders word.
Waar nie lewe was
nie, was nou lewe. Hoekom? Omdat iemand, die Woord verkondig het, en God deur
sy Gees hierdie Woord op vrugbare grond laat val het. So eenvoudig,dat ons
nie meer dink dat dit moontlik is dat God nuwe lewe kan gee nie.
Want ons koppe
werk anders. Ons is moderne mense. Ons dink in terme van prosesse. In terme
van oorsake en gevolge. Dinge moet vir ons redelik en logies wees. En as ons
kan sien wat aan die gebeur is, nog beter. Want dan kan ons dit selfs
beskryf, en dalk nog beter verklaar.
God, werk nie so
nie. Soveel te meer werk die Gees ook nie so nie. Johannes 3 sê juis die Gees
is soos die wind, hy waai wanneer en waar Hy wil. Ons kan Sy werking nie sien
nie. Maar beteken dit,omdat ons die werking van die Gees nie kan sien nie,
dat die Gees nie werk nie, nie nuut kan maak nie?
Soos Esegiël
gedink het. Nee wat Here, hierdie klomp ou dooie en droë bene? Daar is nie ‘n
kans nie. En wat gebeur toe? Esegiël moes erken dat die Here God is. Wat meer
is, hy moes erken dat deur sy woorde, in opdrag van God, onder leiding van
die Gees, lewe gegee het.
Besef ons,dat ons
woorde in ons dra wat die lewe kan gee aan ander? En al dink ons dit is nie
moontlik nie, is dit so. Hoekom? Want wanneer die Gees in ons lewe, lewe die
Woord van God ook in ons. Wat meer is, dit is nie uit eie krag of insig wat
ons hierdie Woord moet verkondig nie. Dit is nie op eie stoom nie. Want ook
die krag wat ons nodig het om deur ons woorde en dade die woorde en dade van
God te word, kom van die Gees.
Ons moet dit net
met woord en daad gaan verkondig. Al dink ons dat dit geen effek sal hê nie.
Esegiël het vir die Here gesê: nee wat Here, hier kan nie weer lewe in
hierdie doodsbeendere kom nie. Maar toe hy gaan doen wat die Here gevra het,
het daar lewe gekom. Want, sê vers 14, die Here het dit gesê, die opdrag
gegee, en dit deur Esegiël gedoen.
Met Pinkster het
die Gees oor mense gekom. Hoekom? Sodat ons in staat sal wees om te gaan
verkondig en te gaan leef, en so nuwe lewe te wek.
Kom ons bid, en
sê dankie dat God ons so wil gebruik. Kom ons bid dat ons sal raaksien dat
dit is hoe God werk. En kom ons bid sat God ons so sal gebruik, dat lewe
geskep word waar ons beweeg en werk.
Esegiël het verkondig, en dooie
bene het lewend geword. Petrus het verkondig, en drie duisend mense het tot
bekering gekom. Wie verstaan dat God vandag nog sy kinders so gebruik, sal
lewe gee.
|
Lukas
18:1-8
Gebed
is ‘n uitdrukking van ons geloof
Ek onthou nog goed, toe ek ’n
eerstejaar-student in die koshuis op Stellenbosch was, hoe diep beïndruk ek was
met een van die seniors in die koshuis. Hy was ’n finalejaar teologie-student,
en hy het my vertel hoe hy Saterdae in die berge ingaan dan daar vir ure lank
bid. Ek het gewens ek kon ook so bid, vir ure aanmekaar. Ek het gedink dit is
die toppunt van vroomheid en geestelike volwassenheid.
Ek
het ’n idee baie mense is op een of ander stadium van hulle lewe daar waar ek
was: ongemaklik en onseker oor hulle gebedslewe. En dan, as iets in jou lewe
gebeur wat jy nie wou gehad het nie, dink jy: ja, dis omdat ek nie genoeg bid
nie.
Nou, as ’n mens hierdie gelykenis wat Jesus vir ons vertel, so vinnig lees, versterk dit natuurlik hierdie persepsie. As jy net lank en ernstig genoeg bid, sál God jou hoor. So dink ons. So lyk dit ook uit die gelykenis, want Jesus sê tog self: ons moet altyd aanhou bid sonder om moedeloos te word. Dit kan dan lyk asof ’n mens sal kry wat jy vra as jy net lank genoeg aanhou.
Maar as ons só oor gebed dink, is ek bevrees, is ons nie vreeslik Christelik nie. Die heidene reken ook so. Dink maar aan die verhaal van Elia en die Baälpriesters op die berg Karmel (1 Kon 18). Daar het hulle die hele dag aangehou om tot hulle god Baäl te roep en te dans en later selfs hulleself stukkend te sny, menende dat hulle só Baäl kon oorreed om na hulle te luister. Dit het natuurlik nie gehelp nie, want Baäl is ’n afgod, nie die lewende God nie. Maar dis hoe hulle gedink het: as jy net lank en hard genoeg bid, sal Baäl se hart sag word en hoor.
Is dít hoe jy oor gebed dink? Dat jy God moet oorreed met jou lang en aanhoudende gebede? Dat jy sy hart moet sag maak? Of dalk só moet irriteer met jou aanhoudende gekerm dat Hy maar later ingee? Dalk omdat jy iewers, diep in jou hart, dink God is bietjie soos die hardvogtige regter in die gelykenis? Dat Hy nie sommer ingee nie, en daarom eers bietjie aangepor moet word voordat Hy antwoord? Dat Hy so besig is met ander sake dat jy hard en lank moet kerm voordat dit sy aandag vang? Dis mos wat Elia vir die Baälpriesters gesê het: dalk slaap Baäl. Hulle moet harder roep om hom wakker te maak.
Miskien dink jy: maar dis tog wat hier staan! Jesus moedig ons aan om soos die vrou in die gelykenis aan te hou totdat ons God moeg maak vir ons gesanik. Maar dis nie hoe ons die gelykenis moet verstaan nie. ’n Gelykenis probeer meestal net een punt tuisbring, nie ’n klomp nie, en as ons elke aspek van die gelykenis probeer toepas, gaan ons by die verkeerde gevolgtrekking uitkom. Die gelykenis vra dat ons na die vrou moet kyk, nie na die regter nie. Trouens, Jesus sluit af deur te sê God is juis nié soos die regter nie. Hy is totaal anders. Hy is nie onregverdig en hardvogtig nie. Hy wag nie om oorreed te word nie. Hy sal help, en gou ook (vers 8). Want Hy is ons hemelse Vader wat ons liefhet, wat met sagte, vriendelike oë na ons kyk, wat met gespitste ore na ons gebede luister.
Nee, die punt van die gelykenis is nie die regter nie, maar die vrou en haar volharding om te stry vir wat reg is. Dís waar ons moet aanhaak in die gelykenis. Dis ook hoe Lukas dit verstaan. Hy skryf in vers 1 dat Jesus die gelykenis vertel het om duidelik te maak dat ’n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.
Daar is mense wat sê hulle sê ’n ding net een keer vir God, en dan los hulle dit by Hom, want Hy weet die beste. Maar as ek hierdie gelykenis reg verstaan, sê Jesus ons kan ’n saak maar weer en weer voor God se troon bring. Ek dink altyd só daaroor: ek bid oor ’n saak tot ek ’n antwoord kry, of dit nou ja of nee of later is. Maar ek mag aanhou, nee, ek móét aanhou bid tot ek ’n antwoord kry. Dis wat Jesus hier vir ons sê. Want sien, ons lewe mos in ’n verhouding met God, en net soos ons in ander verhoudings vrymoedigheid neem om iets meer as een keer te vra, kan ons dit in ons verhouding met God ook doen. Partykeer is dit juis in die herhaalde vra dat God ons hart beter leer verstaan, en beter weet hoe ons dink en waar ons passie lê.
Uiteindelik is dít geloof: om in ’n oop, eerlike verhouding, en in afhanklikheid, voor God te leef. ’n Mens wat net een keer bid en dit dan los, doen dit dalk nie omdat hy so ’n diep geloof het nie, maar omdat hy nie regtig oortuig is God sal antwoord nie. Daarom hou hy op voordat hy ’n antwoord kry. Daarom sê Jesus in vers 8: Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind? Want gebed het alles met geloof te make. Gebed is direk verbind aan die innigheid waarmee jy aan God verbonde leef. Sonder hierdie innige verhouding, sonder geloof, droog gebed sommer gou-gou op.
Dis hoe ons hierdie laaste opmerking van Jesus moet verstaan. Hy sê ons dink die fout met gebedsverhoring lê dalk by God, omdat Hy soos die hardvogtige regter is. Maar Jesus sê nee, die fout lê nie by God nie, Hy hoor en verhoor ons gebede. Die fout lê eerder by ons wat nie meer glo nie, en daarom nie genoeg moeite met ons gebede voor God doen nie.
Ek dink nie Jesus wil in dié gelykenis vir ons sê ons moet soos daardie teologie-student ure lank elke dag of week tot Hom bid nie. As dit is hoe jy voor God leef, is dit reg en wonderlik. Maar ons is nie almal dieselfde nie. Dit gaan nie oor hoe lank jy op ’n keer kan bid nie. Dit gaan eerder oor ’n daaglikse oop verhouding met God, om ’n lewe waarin jy jou hart voor God met vrymoedigheid en met vreugde oopmaak, elke dag, omdat Hy jou Here en jou God is.
Mag ek en jy só voor God leef!
Amen.
Nou, as ’n mens hierdie gelykenis wat Jesus vir ons vertel, so vinnig lees, versterk dit natuurlik hierdie persepsie. As jy net lank en ernstig genoeg bid, sál God jou hoor. So dink ons. So lyk dit ook uit die gelykenis, want Jesus sê tog self: ons moet altyd aanhou bid sonder om moedeloos te word. Dit kan dan lyk asof ’n mens sal kry wat jy vra as jy net lank genoeg aanhou.
Maar as ons só oor gebed dink, is ek bevrees, is ons nie vreeslik Christelik nie. Die heidene reken ook so. Dink maar aan die verhaal van Elia en die Baälpriesters op die berg Karmel (1 Kon 18). Daar het hulle die hele dag aangehou om tot hulle god Baäl te roep en te dans en later selfs hulleself stukkend te sny, menende dat hulle só Baäl kon oorreed om na hulle te luister. Dit het natuurlik nie gehelp nie, want Baäl is ’n afgod, nie die lewende God nie. Maar dis hoe hulle gedink het: as jy net lank en hard genoeg bid, sal Baäl se hart sag word en hoor.
Is dít hoe jy oor gebed dink? Dat jy God moet oorreed met jou lang en aanhoudende gebede? Dat jy sy hart moet sag maak? Of dalk só moet irriteer met jou aanhoudende gekerm dat Hy maar later ingee? Dalk omdat jy iewers, diep in jou hart, dink God is bietjie soos die hardvogtige regter in die gelykenis? Dat Hy nie sommer ingee nie, en daarom eers bietjie aangepor moet word voordat Hy antwoord? Dat Hy so besig is met ander sake dat jy hard en lank moet kerm voordat dit sy aandag vang? Dis mos wat Elia vir die Baälpriesters gesê het: dalk slaap Baäl. Hulle moet harder roep om hom wakker te maak.
Miskien dink jy: maar dis tog wat hier staan! Jesus moedig ons aan om soos die vrou in die gelykenis aan te hou totdat ons God moeg maak vir ons gesanik. Maar dis nie hoe ons die gelykenis moet verstaan nie. ’n Gelykenis probeer meestal net een punt tuisbring, nie ’n klomp nie, en as ons elke aspek van die gelykenis probeer toepas, gaan ons by die verkeerde gevolgtrekking uitkom. Die gelykenis vra dat ons na die vrou moet kyk, nie na die regter nie. Trouens, Jesus sluit af deur te sê God is juis nié soos die regter nie. Hy is totaal anders. Hy is nie onregverdig en hardvogtig nie. Hy wag nie om oorreed te word nie. Hy sal help, en gou ook (vers 8). Want Hy is ons hemelse Vader wat ons liefhet, wat met sagte, vriendelike oë na ons kyk, wat met gespitste ore na ons gebede luister.
Nee, die punt van die gelykenis is nie die regter nie, maar die vrou en haar volharding om te stry vir wat reg is. Dís waar ons moet aanhaak in die gelykenis. Dis ook hoe Lukas dit verstaan. Hy skryf in vers 1 dat Jesus die gelykenis vertel het om duidelik te maak dat ’n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.
Daar is mense wat sê hulle sê ’n ding net een keer vir God, en dan los hulle dit by Hom, want Hy weet die beste. Maar as ek hierdie gelykenis reg verstaan, sê Jesus ons kan ’n saak maar weer en weer voor God se troon bring. Ek dink altyd só daaroor: ek bid oor ’n saak tot ek ’n antwoord kry, of dit nou ja of nee of later is. Maar ek mag aanhou, nee, ek móét aanhou bid tot ek ’n antwoord kry. Dis wat Jesus hier vir ons sê. Want sien, ons lewe mos in ’n verhouding met God, en net soos ons in ander verhoudings vrymoedigheid neem om iets meer as een keer te vra, kan ons dit in ons verhouding met God ook doen. Partykeer is dit juis in die herhaalde vra dat God ons hart beter leer verstaan, en beter weet hoe ons dink en waar ons passie lê.
Uiteindelik is dít geloof: om in ’n oop, eerlike verhouding, en in afhanklikheid, voor God te leef. ’n Mens wat net een keer bid en dit dan los, doen dit dalk nie omdat hy so ’n diep geloof het nie, maar omdat hy nie regtig oortuig is God sal antwoord nie. Daarom hou hy op voordat hy ’n antwoord kry. Daarom sê Jesus in vers 8: Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind? Want gebed het alles met geloof te make. Gebed is direk verbind aan die innigheid waarmee jy aan God verbonde leef. Sonder hierdie innige verhouding, sonder geloof, droog gebed sommer gou-gou op.
Dis hoe ons hierdie laaste opmerking van Jesus moet verstaan. Hy sê ons dink die fout met gebedsverhoring lê dalk by God, omdat Hy soos die hardvogtige regter is. Maar Jesus sê nee, die fout lê nie by God nie, Hy hoor en verhoor ons gebede. Die fout lê eerder by ons wat nie meer glo nie, en daarom nie genoeg moeite met ons gebede voor God doen nie.
Ek dink nie Jesus wil in dié gelykenis vir ons sê ons moet soos daardie teologie-student ure lank elke dag of week tot Hom bid nie. As dit is hoe jy voor God leef, is dit reg en wonderlik. Maar ons is nie almal dieselfde nie. Dit gaan nie oor hoe lank jy op ’n keer kan bid nie. Dit gaan eerder oor ’n daaglikse oop verhouding met God, om ’n lewe waarin jy jou hart voor God met vrymoedigheid en met vreugde oopmaak, elke dag, omdat Hy jou Here en jou God is.
Mag ek en jy só voor God leef!
Amen.