POSTED BY Steven Sass on 19:37 under
19 April 2014 Patensie
Jesus verskyn aan hulle wat dit nie kan glo nie
Lukas 24:36-49
Dit is interressant dat Jesus, volgens die evangelie van Lukas, laastens aan die ‘kerkleiers’ verskyn het. Vroue was die eerste getuies van Sy opstanding. Daarna het Hy aan die Emmausgangers verskyn (as die Here wil gaan ons volgedne week bietjie hierna in diepte kyk) en toe eers aan die dissipels. Dit lyk my of dit die belangstelling van Lukas weerspieël en veral sy beklemtoning van die posisie van die wat in sy tyd as minder belangrik geag is: die vroue en die onbekendes. Die bekendes en leiers staan ietwat terug. Tog is dit belangrik dat hier ter sprake is van drie groepe waarmee die volheid aangedui word: Jesus verskyn aan al Sy volgelinge.

Hierdie verskyning neem ‘n besondere vorm aan. As ons let op die wyse waarop dit beskryf word, dan blyk dit dat on shier ‘n ‘teofanie’ of Godsverskyning het. Soos wat die Here in die Ou-Testament verskyn het, verskyn Jesus hier aan Sy dissipels.

In die vorm van die ‘teofanie’ vind ons telkens die volgende elemente:
Groet: Vrede vir julle
Reaksie: Vrees
Gerusstelling: Moenie vrees nie
Selfbekendstellingvan die Here
Reaksie: Verwondering. Stil word
Die woorde van die Here
Groet: Gaan in vrede

Jesus staan meteens tussen hulle en sê vir hulle: “Vrede vir julle”. Dit is die tipies tradisionele groet van daardie tyd. Tog is dit opvallend dat ons elke keer in die Ou-Testament as aan God aan mense verskyn, presies hierdie woorde as groet aantref.

Dan lees ons dat die dissipels geweldig geskrik het en bang geword het. So lees ons ook dat Moses en ander bang geword het as die Here aan hulle verskyn het. Vrees is telkens die eers reaksie as die mens besef dat die Here teenwoordig is.

Jesus troos hulle deur hulle daarom te wys dat hulle geen rede tot vrees het nie, omdat dit Hy is. Dit bevestig Hy deur hulle uit te noooi om na Hom te kyk en die merke aan Sy hande en sye te sien. Hy nooi hulle self suit om Hom aan te raak en hulleself te vergewis dat dit Hy is. So stel Hy Homself bekend. Oor Wie voor hulle gestaan het, kon en moes daar geen twyfel bestaan nie.

Dan maak hulle vrees plek vir blydskap en verwonddering. Hulle blydkspa was so groot dat dit hulle woordeloos gelaat was.

Jesus vra dan vir hulle iets om tee et. Daarmee word alle twyfel dat Hy werklik opgestaan het en leef uit die weg geruim.

Jesus gaan voort deur die Skrif vir hulle uit te lê. Hy sê vir hulle wat die betekenis is van Sy gesprekke met hulle voor die kruisiging en wys hulle daarop dat hulle die getuies is van die vervulling van Sy woorde en van die Skrif. Daarna beloof Hy die gawe van God aan hulle en gee Hy aan hulle die opdrag om in die stad te wag totdat hulle met krag uit die hoogte toegerus is.

Dit is opvallend dat Lukas die vorm van die teofanie kies om die verskyning van Jesus aan die dissipels te beskryf. Hiermee, so lyk dit vir my, word veral beklemtoon dat Jesus werklik God is. Soos die Here volgens die Ou-Testament aan die mense verskyn het, verskyn Jesus ook aan Sy dissipels. Daarmee word Jesus gelyk gestel aan God: Jesus is God!

Die gebeure word dan die basis van die Nuwe Testamentiese erediens, en dus het dit ook die basis gevorm van die Gereformeerde erediens, alhoewel daar ‘n paar ekstra elemente bygekom het. Miskien het dit tyd geword dat ons weer opnuut moet kyk na ons erediensinkleding as die teofanie of Godsverskyning. Wat hier gebeur, is niks anders as ‘n erediens nie! Soe moet ‘n erediens dan ook wees.

Die dissiepels beweeg hier van vrees tot verwondering; tot begri en aanvaarding; tot toerusting en aksie. Waar hulle aan die begin baie bang is, is hulle later vol verwondering. Weereens word dit beklemtoon dat blydskap en verwondering integrale deel van aanbidding is.

Lukas skryf hierdie woorde aan ‘n gemeente waar vrees en die verlamming wat dit meebring deel van die daaklikse bestaan uitgemaak het. Hier wil hy vir hulle sê dat die erediens deel is van die beklemtoning dat Jesus leef. Hy het opgestaan. Hy is nie ver nie. Hy is hier in die erediens teenwoordig. Lukas wild at die gemeente sal aargaan van vrees tot blydskap en verwondering. Die erediens is dan nie net die geleentheid waar die Skrif uitgelê en begryp word nie, maar waar die gemeente weer opnuut die belofte van die Here hoor en rustig wag op krag vir die uitvoering van hulle take.

Wat gebeur in ons eredienste? Is dit maar formele byeenkomste waar mense bymekaarkom en vanwaar mense weggaaan presies soos hulle daar aangekom het? Wat soek ons mense in die erediens? Met watter verwagting kom ons kerk toe? Is dit dalk om by ander mense te wees? Is dit om te voldoenaan die sosiale eise? Of gaan dit om ‘n ontmmoeting met die lewende Here? Is dit nie so dat die gemeente selfs in die erediens so op homself gerig is dat die gemeentelid nie veel ontvang nie?


Die erediens behoort niks anders as ‘n Godsverskyning te wees nie. Dit is die plek van ontmmoeting met die lewende Here. Dit is hier dat Hy aan die gemeente verskyn- soos Hy in die Ou-Testament verskyn het en soos Jesus hier na die opstanding aan Sy dissipels verskyn het. Maak ons genoeg hiervan? As ons nie in die erediens die teenwoordigheid van die opgestane Jesus beleef nie, sal ons nie kan begryp waaroor dit regtig gaan nie en sal ons nie toegrus kan word met die krag van bo nie. Daarom is dit nodig dat ons telkens weer erns moet maak met die wese  van die erediens as plek van ontmoeting met die lewende Here.